Die Richardsbaai-vuurtoring is geleë op 'n steil oewer naby Meer en See, 3 km noordoos van Richardsbaai. Amateur Radio Lighthouse Society, Besoek op 27 Mei 2012 Dit is in 1979 in gebruik geneem. Die vuurtoring is uniek aan die Suid-Afrikaanse kus vanweë sy buitengewone ontwerp. Dit is 'n 8 m hoë, vierkantige betontoring wat 'n 3 m hoë, ronde gedeelte ondersteun. Toegang tot die bokant van die toring is deur middel van 'n leer in die vierkantige deel. Coastal Highlights Blogspot, Besoek op 27 Mei Die toring is wit geverf, met 'n fokale vlak van 72 m bo seevlak, en lewer drie wit flitse elke 15 sekondes.
Bron Lighthouses of Eastern South Africa , besoek op 27 Mei 2012
Verwysings
Kategorie:Richardsbaai Kategorie:Vuurtorings_van_Suid-Afrika