Wes-Europese Tyd (WET) (Engels: WET vir West European Time) is 'n tydsone wat saam met Gekoördineerde Universele Tyd val, met ander woorde UTC+0. 'n Deel van Wes-Europa val in hierdie tydsone. Hierdie tydsone beslaan die gebied van 7,5° westerlengte tot 7,5° oosterlengte.
Lande Die lande en territoria wat in hul geheel Wes-Europese Tyd gebruik is: Faroëreilande Ierland Kanaaleilande Man Verenigde Koninkryk Ysland
Lande waarin Wes-Europese tyd op 'n deel van hulle grondgebied gebruik word: Groenland (omgewing van Danmarkshavn) Portugal (vasteland en die Madeira-argipel) Spanje (Kanariese Eilande)
Behalwe vir Ysland, gebruik al hierdie lande in die somermaande Wes-Europese Somertyd. Verskeie lande in Wes-Afrika val onder dieselfde tydsone, maar hulle verwys nie daarna as Wes-Europese Tyd nie.
Europese lande wat geografies binne die Wes-Europese tydsone lê, maar Middel-Europese Tyd gebruik, is: Andorra België Frankryk Luxemburg Monaco Nederland Spanje
Kategorie:Tydsones