Aviation Traders ATL-98 Carvair 280pxTipe Passasiers- en vragvliegtuigBemanning 2 vlieëniersEerste vlug 21 Junie 1961Vervaardiger Aviation Traders Ltd.AfmetingsLengte 31,27 mVlerkspan 35,82 mHoogte 9,09 mVlerkoppervlakte 135,8 m²Massa en kapasiteitLeë massa 18 762 kgMaksimum opstygmassa 33 475 kgPassasiers 85 passasiers of 5 motors en 22 passasiersLoonvrag 8 444 kg maksimumKragbronEnjins 4 Pratt & Whitney R-2000-7M2-Twin Wasp- radiale enjinsWerkverrigting 4 X 1 081 kWSnelheidKruissnelheid 342 km/hMaksimum snelheid 402 km/hAfstand 5 560 km / 3 700 km met volle vragDiensplafon 5 700 mOpstygsnelheid 198 m/min Die Aviation Traders ATL-98 Carvair is 'n spesiale vragvliegtuig waarvan tussen 1961 en 1969 altesaam 21 eksemplare deur die Britse vliegtuigvervaardiger Aviation Traders Ltd. gebou is. Die ATL-98 Corvair kon 25 passasiers en vyf motors op 'n slag vervoer.
Aviation Traders, 'n handelsonderneming vir vliegtuigonderdele, het die Amerikaanse passasiersvliegtuig Douglas DC-4 as basis vir die Carvair gebruik en omgebou, waarby die bagasiedek verleng en die vliegtuigkajuit tot bo-op dié dek verskuif is. Die benaming "Carvair" was 'n afkorting van Car via Air.
In die laat 1950's het daar by Sir Freddie Laker se lugredery Air Charter (later Channel Air Bridge) 'n behoefte ontstaan om motors saam met hul welvarende eienaars per vliegtuig na hul bestemmings anderkant die Engelse Kanaal tussen Groot-Brittanje, Ierland en Frankryk te vervoer. Weens 'n styging in vragvolume het vliegtuie soos die Bristol 170 Freighter en Superfreighter, wat destyds op dié lugvlugroetes ingespan is, onvoldoende geraak. Aangesien talle lugrederye hul DC-4-vliegtuie uitgefaseer en verkoop het, het Aviation Traders Ltd. begin om hierdie masjiene aan te koop en om te bou.
Die Carvair het in 1964 sy verskyning in die James Bond-rolprent Goldfinger gemaak en is vanweë sy kenmerkende ontwerp hier later soms met die Boeing 747-makrostraler verwar. Die laasgenoemde vliegtuig is egter eers vanaf 1969 in diens geneem.
Tussen 1961 en 1969 is altesaam 21 DC-4 vir lugrederye soos Aer Lingus, Aviaco, Ansett-ANA, British United Airways, British Air Ferries, Channel Air Bridge en Inter-Ocean Airways omgebou. Die vervoer van motors oor die Engelse Kanaal is in 1973 gestaak, en die meeste lugrederye het hul Carvairs aan ander lugvragvervoerders dwarsoor die wêreld verkoop. Sewe masjiene het tussen 1962 en 2007 verongeluk, en in Januarie 2007 was nog drie Carvairs in diens, waarvan een elk by Phoebus Apollo Aviation in Germiston, Suid-Afrika, Brooks Fuel (N898AT) in Alaska en Gator Global Flying Services in Texas. 'n Verdere drie of vier masjiene is nie meer geskik om te vlieg nie.
Geskiedenis duimnael|links|Vrag word in 'n Aer Lingus Carvair op Bristol-lughawe gelaai. Aviation Traders (Engineering) Beperk is in 1947 by Bovington in Herts in die Verenigde Koninkryk gestig om vliegtuie en onderdele te verkoop. Die maatskappy het vliegtuie in stand gehou en komponente vir die Bristol Freighter gebou. Die omskepping van die Douglas DC-4 in ’n goedkoop motorpont is vir die eerste keer in Januarie 1959 oorweeg. Die tipe is die Carvair genoem en die prototipe het sy nooiensvlug op 21 Junie 1961 gehad. Hierdie prototipe is verkry deur die Douglas C-54B-1-DC met die konstruksienommer 10528 te omskep. Altesaam 21 van hierdie vliegtuie is gebou. Die Carvair is in Maart 1962 deur British United Air Ferries (later British Air Ferries genoem) in gebruik geneem. Gebruikers van die Carvair het Aer Lingus, Ansett-ANA, Intercontinental US Inc en Aviaco ingesluit.
Die omskeppingsproses duimnael|British Air Ferries Carvair 25 November 1974 Aviation Traders het die omskepping van die basiese Douglas DC-4-transportvliegtuig as die ATL-98 Carvair ontwikkel en het Douglas DC-4- en C-54 Skymaster-vliegtuie in die motorpont omskep. Tydens die omskeppingsproses is die hele voorromp met ’n nuwe neusdeel vervang wat ’n hidroulies gewerkte neusdeur bevat het wat sywaarts oopgemaak het, met ’n verhewe stuurkajuit oor die voorste deel van die vragruim. ’n Sterteenheid wat van dié van die DC-7 afgelei is en DC-6-wielremme is by die romp, vlerke en kragbron van die basiese DC-4 bygevoeg. Die nuwe neusdeel het die neus van die vliegtuig met 2.64 meter verleng en die struurkajuit 2.08 meter hoër gemaak. Die neuseenheid van die onderstel was so ingerig dat dit in ’n stroomkap onder die romp ingetrek is, wat dit moontlik gemaak het om vyf motors direk deur die neus in die vliegtuig in te laai. Verder is die hoogte en oppervlakte van die vin en rigtingroer verhoog. Daar was akkommodasie vir 25 passasiers. Die Carvair kon ook swaar vrag of tot 84 passasiers karwei.
Die 21 DC-4’s en C-54’s wat deur Aviation Traders in ATL-98 Carvairs omskep is
1/10528 C-54B-1-DC 2/10311 C-54A-10-DC 3/18339 C-54B-5-DO 4/10338 C-54-10-DC 5/10365 C-54A/R5D-1 6/7480 C-54A-5-DO 7/10273 C-54A-1DC 8/10448 C-54B-1-DC 9/27249 C-54B-20-DO 10/10382 C-54A-15-DC 11/18333 C-54B-5-DO 12/10351 C-54A-15-DC 13/3058 C-54-DO 14/10458 C-54B-1-DC 15/27311 C-54E-5-DO 16/10485 C-54B-1-DC 17/18342 C-54B-5-DO 18/18340 C-54B-5-DO 19/42927 DC-4-1009 20/42994 DC-4-1009 21/27314 C-54E-5-DO
Die Phoebus Apollo Aviation Carvair Die Aviation Traders Carvair met die konstruksienommer 27314 is oorspronklik as ’n Douglas C-54E in die Santa Monica-aanleg gebou. Hierdie C-54 het met die reeksnommer 44-9088 in die USAAF diens gedoen en het daarna die burgerlike registrasie N88881 verkry. Toe is dit as JA6015 in Japan bedryf en het vervolgens VH-INM in Australië geword. Die skroefvliegtuig het op 12 Julie 1968 sy eerste vlug as ’n ATL-98 gehad. Hierdie vliegtuig was die laaste (21ste) ombouing wat gedoen is. Rondom Maart 1978 het die Carvair die registrasie N54596 verwerf. Daarna is hy as ZK-NWB in Nieu-Seeland geregistreer. Die registrasie N5459M is in 1990 aan hom toegeken en daarna het hy 9J-PAA geword.
Phoebus Apollo het Carvair N5459M in Maart 2002 by sy vloot bygevoeg. Die naam “Phoebus Apollo Exclusive” is in Maart by die Randse Lughawe op die vliegtuig aangebring. Hy is in die volle Phoebus-kleure geverf. Die skroefvliegtuig het ook ’n gesig op die massiewe neus. Die amptelike registrasiedatum van die Phoebus Apollo Aviation Carvair met die registrasienommer 9J-PAA is 20 Mei 2002.
Die vliegtuig word met twee verskillende identiteite in die fotogalery geïllustreer.
Fotogalery
Aantekening Die volgende bronne is gebruik om hierdie artikel vanaf die geskiedenis tot voor die Phoebus Apollo Carvair asook sommige van die statistiese gegewens te vertaal:
Verwysings
Eksterne skakels
Media youtube.com: 'n Aviation Traders Carvair tydens 'n lugvaartskou op Rand-lughawe, Germiston, Suid-Afrika
Kategorie:Vragvliegtuie