Koljander (Coriandrum sativum) is 'n eenjarige krui en spesery wat oorspronklik in die Suidelike Europa en Noord-Afrika tot in Suidwes-Asië voorgekom het. Beide die blare (wat soms cilantro of dhania genoem word) en sade word gebruik om smaak aan kerriegeregte, souse en slaai te gee. Alle dele van die plant is eetbaar, maar die vars blare en die gedroogde sade is die dele wat tradisioneel gebruik word in die kombuis.

Die meeste mense ervaar die smaak van koljanderblare as 'n suurlemoen/lemmetjie smaak, maar 'n kleiner groep van ongeveer 4-14% van die mense wat getoets word, dink die blare smaak soos bad seep.

Geskiedenis Alhoewel inheems aan Iran, groei koljander wild oor 'n wye gebied van Wes-Asië en Suid-Europa, wat die kommentaar laat ontstaan: "Dit is moeilik om presies te definieer waar hierdie plant wild is en waar dit pas onlangs gevestig is."Daniel Zohary and Maria Hopf, Domestication of plants in the Old World, third edition (Oxford: Oxford University Press, 2000), pp. 205–206

Koljander is 'n hoofbestanddeel in Indiese en Thaise kookkuns. Dit word ook algemeen in boerekosgeregte (soos boerewors en droëwors) gebruik.

Sinonieme Die spesie het 22 sinonieme:

Bifora loureiroi Kostel. Coriandropsis syriaca H.Wolff Coriandrum diversifolium Gilib. Coriandrum globosum Salisb. Coriandrum majus Garsault Coriandrum majus Gouan Coriandrum melphitense Guss. & Ten. Coriandrum sativum var. afghanicum Stolet. Coriandrum sativum var. africanum Stolet. Coriandrum sativum var. anatolicum Stolet. Coriandrum sativum var. arabicum Stolet. Coriandrum sativum var. asiaticum Stolet. Coriandrum sativum subsp. asiaticum Stolet. Coriandrum sativum var. indicum Stolet. Coriandrum sativum subsp. indicum Stolet. Coriandrum sativum var. microcarpum DC. Coriandrum sativum var. pygmaeum Stolet. Coriandrum sativum var. vavilovii Stolet. Coriandrum sativum subsp. vavilovii Stolet. Coriandrum sativum var. vulgare Alef. Sium coriandrum Vest

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kruie Kategorie:Speserye