Middel-Europese Tyd (MET) (Engels: CET vir Central European Time) is 'n tydsone wat een uur voor UTC is (UTC+1). Die meeste Europese lande val in hierdie tydsone. In die somer skakel hierdie lande oor na MEST, Middel-Europese Somertyd, UTC+2 (in Engels CEST, Central European Summer Time).
Die teoretiese sone van Midde-Europese Tyd loop vanaf 7,5° oosterlengte tot 22,5° oosterlengte.
Die lande wat MET gebruik is:
(met uitsondering van Bonaire, Sint Eustatius en Saba)
(insluitend Spitsbergen en Jan Mayen)
(met uitsondering van die Kanariese Eilande)
Lande buite die geografiese MET Europese lande wat Middel-Europese Tyd gebruik, maar geografies in die Wes-Europese Tydsone lê is:
In Mei 1940 word Middel-Europese Tyd in Nederland, België, Luxemburg en Frankryk deur die Duitse besetting ingevoer. Na die besetting word die situasie gehandhaaf. Spanje gebruik MET sedert 1946.
Eksterne skakels ISO-standaard 8601: Numeric representation of Dates and Time
Kategorie:Geografie van Europa Kategorie:Tydsones