duimnael|Die Erasmuskasteel, die ou "spookhuis" waarin die karakters Diddervogel en As moes tuisgaan.
Hier’s ons weer is ’n grapperige swart en wit Afrikaanse rolprent wat in Pretoria (onder andere in die Victoriaanse "Erasmuskasteel") verfilm is. Die film van 81 minute is op 1 September 1950 uitgereik. Al Debbo en Frederik Burgers, Suid-Afrika se eie Laurel en Hardy, het die hoofrolle vertolk.
Genre Die rolprent is ’n lekkerlag komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir die hele gesin.
Hoofrolspelers Al Debbo as Gottlieb Diddervogel Frederik Burgers as Petrus Philluppus Hendrik As Hanlie van Niekerk as Rita Naudé Jan Jourdan as Migiel Moorulle Eric Egan as Jannie Scaponi Bernabe van Alphen Ella Kroon as mev. Naudé Dirk Lourens Dave Barlow Helen de Kock Hendrik Susan as homself Nico Carstens as homself (nie gekrediteer nie) Taffy Kikillus as homself (nie gekrediteer nie)
Storielyn Diddervogel en As is twee speurders wat na ’n bende rampokkers soek. Die bende is weer op soek na geld wat as erflating aan die leier van die bende, Moorulle, bemaak is. Diddervogel en As word aangestel om wag te hou by die opening van ’n vermaaklikheidsoord, maar hulle moet in ’n ou spookhuis daar naby tuisgaan. Moorulle en een van sy trawante word as kelners vir dieselfde geleentheid aangestel, sonder dat Diddervogel en As daarvan weet. Die erflating is iewers in dieselfde ou huis versteek.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels IMDB fliek databasis
Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente