François Hollande (Frans: [fʁɑ̃swa ɔlɑ̃d] ; gebore 12 Augustus 1954 Autorité BnF in Rouen, département Seine-Maritime) is 'n Franse politikus wat op 6 Mei as kandidaat van die Sosialistiese Party van Frankryk (Parti Socialiste, PS) en die Radikale Linksparty (Parti radical de gauche, PRG) die Franse presidentsverkiesing in 2012 gewen het.
François Hollande het tussen November 1997 en November 2008 as Eerste Sekretaris (voorsitter) van die PS gefungeer. Hy was ook lid van die parlement (LP) vir Corrèze van 1988 tot 1993 en van 1997 tot 2012, van 2001 tot 2008 burgemeester van Tulle, en van 2008 tot 2012 president van die departement Corrèze.
In die eerste rondte van die presidentsverkiesing op 22 April 2012 het Hollande 28,63% van die uitgebragte stemme behaal, sy teenkandidaat en regerende president, Nicolas Sarkozy, 27,18%.http://elections.interieur.gouv.fr Op 6 Mei 2012 het Hollande ook die tweede rondte met 51,62% van die uitgebragte stemme gewen en is tot nuwe president van Frankryk verkies. Hollande is die eerste sosialistiese staatshoof nadat Frankryk 17 jaar lank deur konserwatiewe politici geregeer is en die tweede sosialistiese president van die Vyfde Republiek ná François Mitterrand (1981–1995).
Op 1 Desember 2016 kondig François Hollande aan dat hy nie 'n herverkiesing sal soek nie. Dit is die eerste keer in die Franse geskiedenis dat 'n huidige president van die Republiek nie vir 'n tweede termyn nie staan nie. François Hollande staar 'n gebrek aan ondersteuning van Sosialistiese LPs en lede van die Kabinet in die gesig, asook ongunstige gewildheidsstembusse.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Frankryk Kategorie:Franse burgemeesters Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Franse advokate