'n Afkorting, in skriftelike taalgebruik, is 'n verkorte skryfwyse vir 'n woord, woordgroep, naam of ander 'n aanduiding. Die woord afkorting is 'n versamelbegrip vir verskeie kategorieë; in alle gevalle is die ooreenkoms egter dat een of meer letters in die skryfwyse weggelaat word.
Volgens van Huyssteen (in Carstens) is die proses van afkorting 'n proses waardeur 'n nuwe woord gevorm word op die basis van die beginletters van 'n woord of woordgroep. Daar word onderskei tussen egte afkortings en akronieme. Byvoorbeeld; prok. (prokureur), dr. (dokter) en a.g.v. (as gevolg van) is egte afkortings. Daarenteen kry ons akronieme. Woorde soos VSA (Verenigde State van Amerika) en PanSAT (Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad) is akronieme.
Egte afkortings word deur twee kenmerkende eienskappe van akronieme onderskei. Egte afkortings word met punte geskryf. Egte afkortings word nooit uitgespreek nie. Die oorspronklike vorm (die woorde of woordgroep) bly fonologies dieselfde as die oorspronklike. Dus; a.g.v. word uitgespreek as gevolg van en nie a punt g punt v punt nie. Die afgekorte vorm kom slegs in die geskrewe weergawe voor.
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, die AWS, het in hoofstuk 3 volledige reëls oor die gebruiksnorme van afkortings. Enkele riglyne van die AWS word hier herhaal: Slegs algemeen erkende afkortings hoort gebruik te word. Interne of "huishoudelike" afkortings wat eie aan 'n organisasie of entiteit is, hoort slegs intern gebruik te word. Hierdie "huishoudelike" afkortings is nie vir algemene, openbare kommunikasie gepas nie. Die volgende is voorbeeld van afkortings wat nie vir algemene gebruik is nie: id. vir indien, naaml. vir naamlik, h.d. vir hierdie, ens. Sommige afkortings word slegs as opskrifte in kolomme of deel van lyste gebruik. Byvoorbeeld: bl. (bladsy), dt. (debiet), kt. (krediet). Dus, die volgende sou nie aanvaarbaar wees in 'n geskrewe sin nie: Die saldo is 'n dt. van R 1500. Of, Dit staan op die eerste bl. van die boek. Sommige afkortings word normaalweg slegs in woordgroepe met eiename gebruik: dr. (dokter of doktor)Smit, mev. (mevrou) Marais. Die volgende sin is dus nie aanvaarbaar nie: "Hoe gaan dit met mev.?" 'n Sin word nie met 'n afkorting begin nie, byvoorbeeld: D.w.s daardie syfers is foutief is nie aanvaarbaar nie. 'n Uitsondering op hierdie reël is wanneer die afkorting met 'n eienaam gekoppel word of deel is van 'n samestelling met 'n ander woord. Byvoorbeeld: Dr. Smit het gebel. Of, B.v.p.-beslissings is altyd lastig. 'n Opeenvolging van afkortings in 'n sin is swak styl en word nie aanbeveel nie. Daar is t.o.v. lg. par. geen beswaar nie.
Kategorieë Daar word tussen vyf kategorieë afkortings onderskei:
Afkortings in engere sin: as ons dit lees word die oorspronklike woord voluit uitgespreek ("bl.", "m.a.w.": ons spreek nie die letters uit nie, maar sê "bladsy" en "met ander woorde") simbole: dus wetenskaplike notasies en ander genormeerde kort skryfwyses ("V", "g", "EUR") beginletterwoorde: waar ons die letters apart uitspreek ("PC"; ons sê "peesee") akronieme (of letterwoorde): waar ons die letters as 'n woord uitspreek ("UNISA"; ons sê presies wat ons lees) Verkortings: opgebou uit oorspronklike lettergrepe of dele daarvan soos: "Benelux": verkorting van Be(lgië), Ne(derland) en Lux(emburg).
Voorbeelde Let wel: Die onderstaande lys is regstreeks gekopieer uit Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (1956) wat in die publieke domein is. Volledigheid skiet dus ietwat te kort. Sommige skryfwyses het sedertdien ook verander, maar die inskrywings kan nuttig wees indien ou dokumente bestudeer word.
A aanb. – aanbod aand. – aandeel aanh. – aanhangsel aank. – aankoms aanm. – aanmerking aant. – aantekening aanvr. – aanvraag aanw. – aanwysende Aardk. – Aardkunde (in onbruik; vandag word aardkunde deur aardk. aangedui) aardk. – aardkundige Aardr. – Aardrykskunde (in onbruik; vandag word aardrykskunde deur aardr. aangedui) aardr. – aardrykskundige A.A.U.B – antwoord asseblief (in onbruik; gebruik vandag a.asb.) A/B – afleweringsbrief (in onbruik; gebruik AB) A.B. – Afrikaner-Broederbond (in onbruik; gebruik AB) A.B. – Algemeen Beskaaf (in onbruik; vir Algemeen-beskaaf(de) gebruik AB) a.b. – aanboord ABC – alfabet (ook abc) ab init. – ab initio (v.d. begin af) abl. – ablatief; ablaut A.B.M – Aktiewe Burgermag (in onbruik; ABM word vandag gebruik vir antiballistiese missiel) abstr. -abstrak(te) A.C. – Anno Christi (in die jaar van Christus; vandag geskryf as AC) A.C.V.V. – Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (vandag geskryf as ACVV) A.D. – Anno Domini (in die jaar van ons Here; vandag geskryf as AD) a.d. ante diem (voor die dag); a dato v. d. dagtekening af ad fin. – ad finem (tot aan die end) ad inf. – ad infinitum (tot die oneindige) ad init. ad initium (aan die begin) adj. – adjektief adjk. – adjunk (in onbruik; gebruik adj.) adjt. – adjudant adjt.-genl. – adjudant-generaal ad lib. – ad libium (na keuse) ad loc. ad locum (op hierdie plek) admin. – administrateur; administrasie adml. – admiraal (in onbruik; gebruik adm.) adv. – adverbum, adverbiaal; adverbiale; advies; adviseur; advokaat ad val. – ad valorum (volgens waarde) advt. – advertensie advv. – advokate aet. – aetatis (v.d. ouderdom) afb. – afbeelding afd. – afdeling afk. – afkorting afl. – aflewering Afr. – Afrikaans; Afrikaner afs. – afsender A.G. – adjudant-generaal (in onbruik; adjt.-genl.) agb. – agbare a.i. – ad interim (vir die teenwoordige) Akad. – Akademie (ook akad.) akk. – akkusatief aks. – akseptasie; aksepteer al. – alinea (reël), alias (anders) ald. – aldaar Alg. – Algebra (in onbruik; gebruik alg.) alg. – algemeen; algebraïes(e) Am. – Amerika(ans) (vandag die afkorting vir Amos; gebruik Amer.) amp. – ampère (eenheid by elektriese stroomsterkte) (of gebruik A) Angl. – Anglisisme (ook angl.) anon. – anoniem(e); anonimus anorg. – anorganies(e) A.N.S. – Afrikaans-Nasionale Studentebond antw. – antwoord antw. bet. – antwoord betaal A.N.V. – Algemeen Nederlands Verbond (in onbruik; ANV) app. – appellant appl. – applikant; applous Apr. – April Arab. – Arabies(e) Arb. – Arbeider (lid van party) Arm. – Armeens(e) art. – artikel; artillerie (ook a.) As. – Angel-Saksies(e) a.s. – aanstaande A.S.B. – Afrikaanse Studentebond (in onbruik; gebruik ASB) asb. – asseblief A.S.K. – Algemene Sendingkommisie (in onbruik; gebruik ASK) ass. – assuransie (slegs vir assessor en assosiaat; vir assuransie, gebruik assur.) asst. – assistent asste. – assistente (vir vroulike assistent in onbruik weens taalpolitiek, maar wel vir meervoudsvorm toelaatbaar) Astr. – Astronomie (in onbruik; gebruik astron.) A.T.G. – Afrikaanse Taalgenootskap (in onbruik; gebruik ATG) A.T.K.V. – Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (in onbruik; gebruik ATKV) atm. – atmosfeer A.T.V. – Afrikaanse Taalvereniging (in onbruik; gebruik ATV) a.u.b. – as u blief (in onbruik; gebruik asb.) Aug. – Augustus avdps. – avoirdupois (in onbruik; gebruik avdp.) a.w. – aangehaalde werk
B b.o. – blaai om bl. – bladsy bv. – byvoorbeeld
C c. (ook ca.) – circa (ongeveer, omstreeks)
E e.a. – en ander e.d. – en dergelike ed. – edisie Ed. – Edele Ed.Agb. – Edelagbare Ed.Gestr. – Edelgestrenge e.d.m. – en dergelike (dies) meer Edms. – Eiendoms eerw. – eerwaarde Ef. – Efese (Efesiërs) e.g.n. – eersgenoemde; exempli gratia (byvoorbeeld) (in onbruik; skryf eg. vir eersgenoemde en e.g. vir exempli gratia) eint. – eintlik(e) e.k. – eerskomende (in onbruik; skryf ek.) E.K. – eerste kwartier (in onbruik; skryf EK) Ekon. – Ekonomie (in onbruik; skryf ekon.) ekon. – ekonomies(e) Eks. – Eksellensie eks. – eksemplaar ekv. – enkelvoud e.l. – elektriese lig elektr. – elektrisiteit; elektries(e) Em. – Eminensie em. – emeritus e.m.a. – en meer andere (in onbruik) Eng. – Engels(e); Engeland enkl. – enklities(e) (in onbruik) ens. – ensovoorts e.o. – ex officio (ampshalwe) ere-sektr. – ere-sektretaris esk. – eskader, eskadron e.s.m. – en so meer etc. – et cetera (ensovoorts) Etnol. – Etnologie (in onbruik; skryf etnol.) etnol. – etnologies(e) euf. – eufemisme; eufemisties(e) ev. – eersvolgende; eventueel, elektron-volt Ev. – Evangelie e.v. – en volgende E.V.K. – Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (in onbruik; skryf ESKOM) Ex. – Eksodus ex off. – ex officio (ampshalwe)
F F. – Fahrenheit (termometer) f. – forte (sterk) F.A.K. – Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (in onbruik; skryf FAK) fakt. – faktuur Febr. – Februarie fec. – fecit (gemaak) ff. – fortissimo (baie sterk/hard) fig. – figuur; figuurlik(e) fl. – floryn (Hollandse gulden) fol. – folio Fonet. – Fonetiek (in onbruik; skryf fonet.) fonet. – foneties(e) Fonol. – Fonologie (in onbruik; skryf fonol.) fonol. – fonologies(e) fot. – foto, fotografiese (vir fotografie skryf fotogr.) fr. – frank Fr. – Frans(e); Frankryk Fri. – Fries(e) Frk. – Frankies(e) fut. – futurum
J j. – jaar J. – Jodium (in onbruik; skryf die skeikundige simbool I) Jak. – Jakobus Jan. – Januarie Jap. – Japan, Japans(e); Japannees, Japannese Jav. – Java; Javaanse J.C. – Jesus Christus (ook JC) Jer. – Jeremia Jes. – Jesaja jg. – jaargang jhr. – jonkheer jl. – jongslede Joh. – Johannes Jos. – Josua jr. – junior (jongere) J.S. – Junior-Sertifikaat (ook JS) jt. – jaart Jul. – Julie Jun. – Junie
Q q.a. – quod attestor (wat ek getuig) q.e. – quod est(wat beteken) q.e.d. – quod erat demonstrandum (wat bewys moes word) q.e.f. – quad erat faciendum (wat gedoen moes word) q.l. – quantum libet (soveel as mens belief) q.p., q.pl., quantum placet (soveel as wat mens wil; versover mens wil) q.q. – qualitate qua (in hoedanigheid van, ampshalwe) q.s. – quantum satis of quantum sufficit (soveel as genoeg is) q.v. – quod vide (waarna u verwys word); quantum vis (soveel as u wil)
U u. – uur in verbindinge soos m.p.u. U dw. dnr. – U dienswillige dienaar U Ed. – U Edele u.i. – ut infra (soos onder) uitbr. – uitbreiding uitdr. – uitdrukking U.K. – Universiteit van Kaapstad; Uitvoerende Komitee (in onbruik; skryf as UK) U.K.O.V.S – Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (in onbruik; skryf as UKOVS) ult. – ultimo (laaste) UNESCO – United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (ook Unesco) univ. – universiteit U.N.O – United Nations Organisation, nl. V.V.O. (vandag is dit die Verenigde Nasies; VN) U.P. – Universiteit van Pretoria; Unie-Parlement (in onbruik; skryf as UP) U.R. – Uitvoerende Raad; Unie-Regering (in onbruik; skryf as UR) U.S. – Universiteit van Stellenbosch (in onbruik; skryf as US) u.s. – ut supra (soos bo) U.S.S.R. – Unie van die Sosialistiese Sowjetrepublieke (in onbruik; skryf as USSR) U.V.M. – Unie-Verdedigingsmag (histories; skryf as UVM) U.W. – Universiteit v. d. Witwatersrand (in onbruik; skryf as UW)
W W. – Wes w. – woord; watt; wys (woord = wd. ; watt = W) waarsk. – waarskynlik wdb. – woordeboek wed. – weduwee WelEd. – Weledele (in onbruik; skryf as W.Ed.) WelEd. Gestr. – WelEdelgestrenge (in onbruik) WelEerw. – Weleerwaarde (in onbruik; skryf as W.Eerw.) wetb. – wetboek w.g. – was geteken W.Germ. – Wes-Germaans wh. – watt-uur (in onbruik; skryf wattuur as Wh) W.I. – Wes-Indië; Wes-Indies (in onbruik; skryf as WI) Wisk. – Wiskunde (in onbruik; skryf wiskunde en wiskundig as wisk.) wisk. – wiskundig W.L. – westerlengte (in onbruik; skryf as WL) wnd. – waarnemend W.Nfr. – Wes-Nederfrankies (in onbruik; skryf as W.NFrk) W.N.W. – wes-noordwes (in onbruik; skryf wesnoordwes as WNW) wo. – waaronder Wo. – Woensdag W.P. – Westelike Provinsie (in onbruik; skryf as WP) W.Vl. – Wes-Vlaams(e) ww. – werkwoord Wysb. – Wysbegeerte (in onbruik; skryf wysbegeerte as wysb.)
Sien ook Akroniem, 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word.
Eksterne skakels
Afkortings op wiktionary.org Mieliestronk se lys van afkortings
Bronnelys