Die antieke Jemeni-alfabet het in omstreeks die 9de eeu v.C. ontstaan uit die Proto-Sinaïtiese alfabet. Dit is gebruik om die Jemeni- of Ou Suid-Arabiese tale te skryf. Die vroegste inskripsies sover bekend was in die 9de eeu v.C. in EritreaFattovich, Rodolfo, "Akkälä Guzay" in Von Uhlig, Siegbert, red. Encyclopaedia Aethiopica: A-C. Weissbaden: Otto Harrassowitz KG, 2003, p.169. en in die 8ste eeu v.C. in Babilonië en Jemen. Daar was geen klinkers nie en dit was dus ’n abjad.

’n Gevestigde vorm het in omstreeks 500 v.C. ontstaan en dit is tot in die 7de eeu n.C. gebruik, onder meer vir Ou Noord-Arabies. Dit is eindelik deur die Arabiese alfabet vervang. In Ethiopië het dit later in die Ge'ez-skrif ontwikkel wat, met bygevoegde simbole deur die eeue, gebruik is vir Ge'ez en ander tale in dié land en in Eritrea.

Letters Jemeni-alfabetKarakterTranskripsieIFA20pxh20pxl20pxḥ20pxm20pxq20pxw20pxs20pxr20pxb20pxt20pxs20pxk20pxn20pxḫ20pxs20pxf20pxʾ20pxʿ20pxḍ20pxg20pxd20pxġ20pxṭ20pxz20pxḏ20pxy20pxṯ20pxṣ20pxẓAnder transkripsiesś, šš, ss,ś

Unicode

Ou Suid-Arabies is tot die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2009, met die uitreiking van weergawe 5.2. Die Unicode-blok daarvoor is U+1BC0–U+10A7F.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels Antieke geskrifte oor Suid-Arabies Omniglot

Kategorie:Abjads