Ogham is ’n alfabet uit die vroeë Middeleeue wat hoofsaaklik gebruik is om Oud-Iers te skryf. Dit word ook soms die "Keltiese boomalfabet" genoem omdat simbole na bome genoem is. Daar is sowat 400 oorblywende Ogham-inskripsies op steenmonumente regdeur Ierland en Wes-Brittanje; die meeste is in Suid-Ierland.
Die vroegste inskripsies in Ogham dateer uit omstreeks die 4de eeu,O'Kelly, Michael J., Early Ireland, an Introduction to Irish Prehistory, bl. 251, Cambridge University Press, 1989 maar sommige kenners glo dit is reeds omstreeks die 1ste eeu v.C. gebruik.Carney, James, The Invention of the Ogam Cipher Ériu, 1975, bl.57, Dublin: Royal Irish Academy Dit lyk of dit op ’n ander skrif gebaseer isMacalister, R.A. Stewart, The Secret Languages of Ireland Craobh Rua Books, Armagh, 1997. en sommige meen dit was net ’n geheime vorm van ’n ander skrif, waarskynlik die Latynse alfabet.
Sien ook Geskiedenis van die alfabet
Verwysings
Eksterne skakels Omniglot Ogham op die internet Ogham-stene
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geskiedenis van Ierland Kategorie:Geskiedenis van Skotland Kategorie:Alfabette