Daniël Gerhardus Krige was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur en professor. Hy het op vyftienjarige ouderdom gematrikuleer aan die Hoërskool Monument te Krugersdorp. Nadat hy gekwalifiseer het as 'n ingenieur doen hy baanbrekerswerk op die gebied van toepassing van wiskundige statistiek op die waardasie van goudmyne. Dit het gelei tot die ontwikkeling van die wetenskap en konsepte oor die waardasie van mineraalreserwes bekend as geostatisstiek. Dié werk het internasionaal belangstelling gaande gemaak. Dié metodes staan vandag bekend as kriging.

Prof. Krige het op 27 April 2012 die Orde van die Kremetart (silwer) ontvang van President Jacob Zuma. Hy het reeds vier eredoktorsgrade ontvang van: Universiteit van die Witwatersrand Universiteit van Pretoria UNISA Moskouse Mynuniversiteit.

Hy is ook die eerste en enigste ingenieur uit Afrika wat toegelaat is tot die gesaghebbende United States National Academy of Engineering, op die rype ouderdom van 92.

Bron Beeld: ''Ingenieur (92) se naam lei tot term. 28 April 2012.

Kategorie:Suid-Afrikaanse geoloë Kategorie:Suid-Afrikaanse ingenieurs Kategorie:Geboortes in 1919 Kategorie:Sterftes in 2013