Hierdie artikel handel oor die rugbyspeler. Vir die Amerikaanse aktrise, sien Ashley Johnson (aktrise).

Ashley Johnson (gebore in Wynberg, 16 Mei 1986) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs as ’n losvoorspeler speel in die Curriebeker en die Superrugbyreeks. Hy het vir Suid-Afrika in die IRR Onder 21 Wêreldkampioenskap gespeel. In 2008 het hy vir die Opkomende Bokke gespeel in die Nasiesbeker en in 2009 is hy ingesluit in die Springbokgroep wat oorsee getoer het. Hy het sy eerste wedstryd in die Springboktrui in 2009 gespeel maar het eers in 2011 sy eerste toets gespeel, tydens die Drienasiesreeks.

Johnson was ook kaptein van Peter de Villiers se Southern Spears wat nooit in die Superrugbykompetisie deelgeneem het nie. Dié span het uiteindelik die Southern Kings geword.

Verwysings

Eksterne skakels

Ashley Johnson by itsrugby.co.uk

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat Kategorie:Alumni van Paarl-gimnasium