duimnael|100px|links|Gedrukte vorms van Б. Б (kleinletter: б) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet. Dit word uitgespreek as "b" en in Afrikaans getranslitereer as B/b. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam boeki (бѹкы). Dit moenie verwar word met die Cyrilliese letter (В в), wat as "w" uitgespreek word nie. Beide Б en В is afgelei van die Griekse letter beta (Β β).

Die kleinletter lyk amper soos die syfer 6 of soms, veral in geskrewe vorm, soos die Griekse onderkas-delta (δ).

Б