Д (kleinletter: д) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet. Dit is afgelei van die Griekse letter delta (Δ δ) en word uitgespreek as /d/. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam dobro (добро) en het dit ’n syferwaarde van 4 gehad.
In kursiewe en geskrewe vorm het die kleinletter twee vorme: д of g.
Д