Г (kleinletter: г) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet. Dit word uitgespreek as /g/ of /ɦ/, na gelang van die taal. Dit word gewoonlik getranslitereer met die Latynse letter G, maar vir Oekraïense, Belarussiese en Roeteense name en woorde word H gebruik.

In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam glagol (глаголь) en het dit ’n syferwaarde van 3 gehad.

Г1