А (kleinletter: а) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet en moenie verwar word met A in die Latynse alfabet nie. Dit word uitgespreek as /a/ in Russies, Serwies, Masedonies en Bulgaars of as /ə/ in Tsjetsjnies. Dit is afgelei van die Griekse letter alfa (Α α).
In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam az (азъ) en het dit ’n syferwaarde van 1 gehad.
А