duimnael|links|250px|Burgersdorp se NG kerk staan op 'n ruim perseel in die middel van die dorp. Dit is ontwerp deur die argitek William Henry Ford, van wie vandag bitter min bekend is. Sy ontwerp vir die NG moederkerk Kroonstad toon 'n sterk ooreenkoms met dié gebou s'n.

duimnael|regs|260px|Burgersdorp is die oudste NG gemeente in die Noordoos-Kaap. duimnael|links|240px|Burgersdorp is een van die min dorpe in die Noordoos-Kaap waar die NG en die Gereformeerde kerkgebou min of meer ewe groot en sierlik is. Dit geld ook vir Steynsburg, maar op Venterstad is die NG kleiner as die Gereformeerde kerk.

duimnael|regs|240px|Die kerksaal, oftewel die Eeufeessaal. duimnael|links|240px|Die koepel in die middel van die kerkgebou se dak kan hier duidelik gesien word. Dit is veral van die binnekant van die gebou besonder indrukwekkend.

duimnael|regs|220px|Die NG Kerkgebou op Burgersdorp, hier afgeneem in 1917, vier jaar nadat dit ingewy is. duimnael|links|210px|Ds. (later prof.) John Murray, van 1849 tot 1858 die eerste leraar van Burgersdorp en daarna tot 1882 een van die eerste twee hoogleraars aan die Kweekskool op Stellenbosch. duimnael|regs|160px|Ds. Helgard Müller, slegs 'n jaar leraar van die gemeente tot aan sy dood op 3 Februarie 1898. Hy is in die plaaslike kerkhof begrawe. duimnael|links|270px|Die koepel in die kerkgebou.

duimnael|regs|160px|Ds. William Cormack, 'n Skotse predikant wat deur dr. William Robertson gewerf is en leraar van 1862 tot 1895, toe hy afgetree het. Burgersdorp was sy enigste gemeente. Toe hy op 6 September 1924 oorlede is, was hy die oudste predikant in die NG Kerk, ongeveer 99 jaar. duimnael|regs|170px|Ds. Hendrik Wilhelm Geyer, leraar van Julie 1898 tot sy aftrede in 1930, in wie se tyd die klipkerk ingewy is. duimnael|regs|240px|Ds. Antonie Christoffel en mev. Stegmann, leraarspaar van 1931 tot 1941, toe hy Sondagskool-sekretaris word. duimnael|regs|160px|Ds. P.N.V. de Lange was leraar van 1941 tot '44 en daarna weer van 1951 tot sy dood in Junie 1958. duimnael|regs|160px|Ds. Andries Groenewald, van 1951 tot 1956 leraar van die NG gemeente Hofmeyr (destyds NG gemeente Maraisburg, K.P.) en van 1956 tot 1959 leraar op Burgersdorp.

duimnael|270px|regs|Ds. P.N.V. de Lange en sy gesin. Agter: Johannes (23), Sannie (22), Elsie (16), Hendrik (14), Pieter (12), Nico (18) en Dolf (20). Voor staan Nita. Dié foto van die gesin het verskyn twee dae nadat ds. en mev. De Lange oorlede is in 'n motorongeluk naby Vanwyksrus. Hy is as LV verkies en was op pad Kaap toe vir wat sy eerste Volksraadsitting sou gewees het. duimnael|regs|160px|Ds. J.F. Myburgh, leraar van 1959 tot 1961. duimnael|regs|160px|Ds. Andries Daniël Schutte, leraar van Burgersdorp van 1961 tot in die jare sewentig, en van Toringkerk in die Paarl van 1947 tot 1958.

Die NG gemeente Burgersdorp is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Oos-Kaapland. Dis die agtste oudste gemeente in dié Sinode en is in 1846 gestig, 54 jaar ná Graaff-Reinet. In die hele NG Kerk was dit die 34ste stigting, waarvan almal behalwe Pietermaritzburg (1839) en Potchefstroom (1842) in die destydse Kaapkolonie geleë was. In 2016 het die gemeente 510 belydende en 135 dooplidmate gehad. Van die belydende lidmate was net 200 jonger as 50, terwyl 140 van die 510 op plase gewoon het.

Agtergrond Teen die einde van 1844 is aan sowat 300 gesinne tussen die Stormbergspruit en die Kraairivier toestemming verleen deur die Ring van Graaff-Reinet om hul eie gemeente hier te stig. Op 27 Desember 1847 het hulle die plaas Klipfontein gekoop, wat destyds aan Gert Buytendach behoort het, om 'n kerk te bou en 'n dorp te stig. Die plaas van 3 607 morge is teen 15 000 riksdaalders aangekoop. Dit was op dié plaas wat die gemeente op 13 Oktober 1846 gestig is. Op 20 Januarie 1847 is 'n veiling van erwe gehou en 75 erwe is verkoop teen 'n gemiddelde prys van £50 pond. 'n Uitsoekerf is reeds in 1846 aan Gert Buytendach geskenk toe die plaas aangekoop is. Die gemeente se oorspronklike grense het die latere gemeentes van Aliwal-Noord en Venterstad ingesluit asook gedeeltes van Dordrecht en Barkly-Oos.

Destyds het die wild op die vlaktes hier in hulle duisende geloop en tydens die reënseisoen in hulle miljoene, waaronder springbokke, blesbokke, wildebeeste, kwaggas en volstruise. Selfs leeus het destyds in die grasmoerasse en luiperds in die bosryke klowe.

Ds. Andrew Murray sr. van Graaff-Reinet was die gemeente se eerste konsulent, wat dienste gehou het in tydelike tente, opgerig met waens waaroor bokseile gespan is. Daarna het die lidmate 'n noodkerk gebou.

Baie van die ingesetenes was hoogs ontstoke toe daar voorgestel is dat hulle die dorp Maitland moet noem ter ere van die goewerneur sir Peregrine Maitland. Hy het egter die eerbewys van die hand gewys omdat die koloniale regering huiwerig was om dié gebied tot landdrosdistrik te verklaar. Die dorp is toe Burgersdorp genoem, volgens sommige ter ere van die burgerkommandos tydens die Sewende Grensoorlog van 1846 tot 1847. Die meer waarskynlike verklaring is egter dat die dorp deur die toedoen van die burgers self gestig is wat die Christendom na die gebied gebring het. Burgersdorp, wat in 1891 'n munisipaliteit geword het, het kerkeiendom gebly tot 1 Januarie 1913 toe die eiendomsreg van die dorpsmeent aan die plaaslike munisipaliteit oorgedra is.

Die eerste NG kerkgebou is in 1848 ingewy, en die nuwe en huidige kerk in 1913 nadat ds. H.W. Geyer die hoeksteen op 29 Junie 1912 gelê het. Die argitek was William Henry Ford. Dié gebou, in 'n tipiese Romaanse boustyl, het 'n indrukwekkende orrel met 1 100 pype. Die preekstoel is uit kiaathout vervaardig en die gebou het 'n indrukwekkende koepel.

Gereformeerde Kerk Intussen het ds. Dirk Postma op 21 Januarie 1860 'n gemeente van die Gereformeerde Kerk hier gestig nadat vele lidmate die NG Kerk verlaat het, hoofsaaklik weens hulle ontevredenheid oor die sing van die evangeliese gesange, pleks van net die gebruiklike psalms, maar ook weens die liberalistiese tendens in die NG Kerk. In 1869 het hy 'n teologiese seminarium hier gestig, wat in 1905 na Potchefstroom verplaas is.

Eerste leraar Uit 10 beroepe was ds. John Murray die eerste om dit aan te neem. Hy was een van die konsulent, ds. Andrew Murray sr. van die NG gemeente Graaff-Reinet, een van die eerste Skotse predikante in die NG Kerk wat die tekort aan predikante in die NG Kerk in die 19de eeu moes kom aanvul, se vyf seuns wat predikant geword het. Die ander vier was William, George, Charles en die bekendste, dr. Andrew Murray, die skrywer van Christelike boeke wat in etlike tale vertaal is.

John vertrek in 1838 op 12-jarige ouderdom saam met die tweede oudste broer, Andrew, na Skotland, vanwaar hulle vader in 1822 as een van die eerste predikant na die Kaap gekom het, om daar onderrig te word. Albei broers het teen 1845 die M.A.-graad in Aberdeen behaal en vertrek saam na Holland om daar aan die Universiteit van Utrecht vir predikant te leer. In 1848 maak hy in sy briewe aan sy vader op Graaff-Reinet melding van die noodsaaklikheid van 'n teologiese seminarie vir Suid-Afrika. Die volgende jaar aanvaar hy, kort na sy terugkoms in Suid-Afrika, 'n beroep na Burgersdorp, wat net drie jaar vantevore gestig is.

Ds. Murray se ontvangs op Burgersdorp Meer as twee jaar ná die stigting was die gemeente nog altyd vakant en dit het hom moeilik geval. Daarom ook was dit 'n besonder blye vooruitsig toe ds. John Murray die beroep aangeneem het wat op 12 Februarie 1849 op hom uitgebring is. Toe die beroep uitgebring is, staan die volgende treffende woorde wat aan hom geskryf sou word, in die notule aangeteken: "… en wij vertrouwen dat u WelEerw. de goedheid zal hebben om deze ons plegtig en eenparig roeping te willen aannemen, daar wij hebben u Wel. Eerw. Hier hoog noodig en wij hebben reden te geloven dat als de Heer in genade u WelEerw. mogte u daartoe bewilligen uwe arbeid zal hier veel gezegend worden." Die kerkraad is nie in sy verwagting teleurgestel nie. Ds. Murray het hom die beroep laat welgeval en die plegtige bevestiging het op 26 Mei 1849 plaasgevind. Ds. A. Murray van Graaff-Reinet, vader van ds. John Murray, het 'n treffende rede uitgespreek na aanleiding van Hebr. 13:17: "Zijt uwen voorgangeren gehoorzaam, en zijt hun onderdanig; want zij waken voor uwe zielen, als die rekenschap geven zullen; opdat zij dat doen mogen met vreugde en niet al zuchtende; want dat is u niet nuttig." By die geleentheid was ook teenwoordig ds. John Taylor van Cradock, ds. John Pears van Somerset-Oos en ds. Andrew Murray jr., 'n broer van ds. John Murray. Die feit dat vader en twee seuns in die evangeliebediening aan die verrigtinge deelgeneem het, het 'n besonder diep indruk op die gemeente gemaak. 'n Berig lui: "Deze heilige inzegening was een gezigt van geene gewone belangstelling."

Die intreepreek het gehandel oor 2 Kor. 5:20: "Zoo zijn wij dan gezanten van Christus wege, als of God door ons bade; wij bidden van Christus wege: laat u met God verzoenen." Ds. Taylor, wat sedert die stigting van die gemeente konsulent was, het op Maandagoggend afskeid geneem. Dit toon dat die mense toe nie so haastig was om weg te kom nie. Die Maandagoggenddienste van die tyd wat nogal baie voorkom, was vir die mense van besondere betekenis omdat dit hulle in staat gestel het om nog vir laas tot aanbidding saam te kom voordat hulle huiswaarts keer. Ds. Taylor se afskeidswoord was Fil. 1:7, "Alleenlijk wandelt waardiglijk het Evangelie van Christus..." Hy was geliefd in die gemeente en volgens 'n berig in De Zuid-Afrikaan, 25 Junie 1849, is daar groot lof aan hom toegeswaai, veral vir sy hulp aan en belangstelling in die Voortrekkers oor die grense.

Bou van die pastorie Nog voor Ds. Murray se koms is daar besluit om die bou van 'n pastorie uit te stel. Dit skyn asof die kerkraad eers wou wag totdat daar 'n vaste leraar is voordat daar gebou sou word. Drie maande na die reeds gemelde besluit is ds. Murray bevestig en in sy vergadering van 3 September 1849 het die kerkraad besluit om die bou van die pastorie aan A. en D. Hockley van Cradock op te dra teen 'n bedrag van 18 973 riksdaalders. Hierdie gebou sou 75 jaar lank as pastorie grbruik word. Ds. Murray is in 1850, die jaar na sy aankoms, op Burgersdorp in die huwelik bevestig met mej. Maria Ziervogel van Somerset-Oos.

Gereelde arbeid in die gemeente Dit was eers meer as twee jaar ná die stigting van die gemeente dat daar met die gereelde bearbeiding 'n aanvang geneem kon word. Die geestelike toestand in die gemeente was dus nie in alle opsigte soos dit behoort te wees nie. Die opkoms na die eredienste was wel bevredigend, maar tog ook teleurstellend, want terwyl daar by 'n nagmaalsgeleentheid soms tot 2 000 toehoorders was, was die getal Nagmaalgangers egter net 100. Die konsulent het van die begin af ook 'n Engelse diens gehou en ds. Murray het daarmee voortgegaan. Huisgodsdiens is byna deur alle huisgesinne waargeneem. In sommige huise is daar egter van formuliergebede gebruik gemaak. Ds. Murray het hom veral op geestelike arbeid toegelê en daarom wou hy so graag ook bidure in die gemeente tot stand bring, maar dit wou nie eintlik posvat nie. In die godsdiensverslag van 1850 sê ds. Murray dan ook die volgende omtrent die bidure : "Algemeen echter is het moeilik dezelve in te voeren daar de eigenaardige denkwijze welke in deze gemeente heerschende is eene bijzondere hinderpaal in den weg stelt." Die eienaardige denkwyse is veral aangetref by die persone wat ook teen die sing van die gesange gekant was. Dit was die Dopper-element, soos dit in die gewone spreektaal uitgedruk word.

Aliwal-Noord