Die Oegaritiese alfabet is ’n wigskrif-abjad wat gebruik is vanaf omstreeks die 15de eeu v.C.A Primer on Ugaritic, William M. Schniedewind (pg 32) of 14de eeu v.C.Ugaritic, in The Ancient Languages of Syria-Palestine and Arabia vir Oegarities, ’n uitgestorwe Noordwes-Semitiese taal. Dit is in 1928 in Oegarit (hedendaagse Ras Shamra) in Sirië ontdek. Dit het 30 letters. Ander tale, veral Horities, in die gebied is dikwels in die skrif geskryf, maar nie elders nie.

Kleitablette in die Oegaritiese skrif toon vroeë tekens van beide die Wes- en Suid-Semitiese volgorde van letters, wat aanleiding gegee het tot die volgorde van die Hebreeuse, Griekse en Latynse alfabet aan die een kant en van die Ge'ez-alfabet aan die ander kant.

Die skrif is van links na regs geskryf. Hoewel die letters wigvormig was en in klei gedruk is, is dit nie verwant aan die Akkadiese wigskrif nie.

Funksie Oegarities was ’n uitgebreide abjad. In die meeste lettergrepe is net konsonante geskryf, insluitende die en van diftonge. Dit was egter anders as ander vroeë abjads deurdat klinkers wel geskryf is ná glottale sluitklanke. Daar word geglo dat die letter vir die lettergreep oorspronklik die konsonant voorgestel het, nes "alef" in ander Semitiese abjads, en dat dit later beperk is tot met die toevoeging van en aan die einde van die alfabet.Florian Coulmas, 1991, The writing systems of the worldWilliam Schniedewind, Joel Hunt, 2007. A primer on Ugaritic

Die enigste leesteken was ’n woordverdeler.

Volgorde thumb|200px|Die Oegaritiese alfabet. In lyste letters van die Oegaritiese skrif is daar twee verskillende lettervolgordes: die Noord-Semitiese volgorde soos dié van die Hebreeuse en Fenisiese alfabet (en dus ook die latere Griekse en Latynse alfabet), en die Suid-Semitiese volgorde wat ooreenstem met dié van die Suid-Arabiese alfabet (en dus ook die latere Ge'ez-alfabet). Die letters word met hul getranslitereerde waarde aangedui, met die verwante Hebreeuse letters daaronder.

Noord-Semities

bgdhwzykšlmnspqrts2אבג דהוזחטיכ למ נ סעפצקרש ת

Suid-Semities

hlmqwšrtsknbśpgdzyהלחמקו רתסכנ ב פאע גד טז ישצ

Unicode Die Oegaritiese skrif is tot die Unicode-standaard gevoeg in April 2003, met die uitreiking van weergawe 4.0. Die Unicode-blok daarvoor is U+10380–U+1039F.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

Eksterne skakels AlpuBeti Alfabet-evolusie 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Abjads