Ge'ez (Ge'ez: ግዕዝ, transliterasie: Gəʿəz) is ’n skrif wat as ’n abugida gebruik word vir verskeie tale van Ethiopië en Eritrea. Dit het aanvanklik ontstaan as ’n abjad vir die skryf van Ge'ez, wat nou ’n liturgiese taal van die Ethiopiese, die Eritrese Ortodokse Kerk en die Beta Israel is.
Die Ge'ez-skrif is aangepas om ander, hoofsaaklik Semitiese tale in Ethiopië en Eritrea te skryf. Sommige ander tale in die Horing van Afrika soos Oromo is ook aanvanklik in die skrif geskryf, maar het later die Latynse alfabet aangeneem. Beide die amptelike tale van Ethiopië en Eritrea, Amharies en Tigrinya, gebruik die Ge'ez-skrif. Daarbenewens word in Ethiopië vir die Koesjitiese taal Afar die Ge'ez-skrif gebruik.
Letters
Ge'ez het 26 konsonante, waarvan 24 ook in die Suid-Arabiese alfabet voorkom:
translit. (SA s2)Ge'ezSuid-Arabies20px|h20px|l20px|ḥ20px|m20px|s220px|r20px|s120px|ḳ20px|b20px|t20px|ḫ20px|n </div> translit. (SA )Ge'ezSuid-Arabies20px|ʾ20px|k20px|w20px|ʿ20px|z20px|y20px|d20px|g20px|ṭ20px|ṣ20px|ḍ20px|f
duimnael|200px|Antieke Ethiopiese manuskrip, 15de eeu. Baie van die letters se name is verwant aan dié van die Fenisiese alfabet en kom dus waarskynlik ook in die Proto-Sinaïtiese skrif voor.
Daar was twee alfabette vir die taal Ge'ez, eers ’n abjad en later ’n abugida.
Ge'ez-abjad Die abjad, wat tot omstreeks 330 n.C. gebruik is, het 26 konsonante, en geen klinkers nie, bevat: h, l, ḥ, m, ś, r, s, ḳ, b, t, ḫ, n, ʾ, k, w, ʿ, z, y, d, g, ṭ, p̣, ṣ, ṣ́, f, p
translit.Ge'ezሀለሐመሠረሰቀበተኀነአ translit.Ge'ezከወዐዘየደገጠጰጸፀፈፐ
Ge'ez-abugida Moderne Ge'ez word van links na regs geskryf. Die abugida het ontwikkel onder invloed van Christelike geskrifte deurdat verpligte vokaaltekens by die konsonante gevoeg is. Hoewel daar ’n duidelike Griekse invloed was, word geglo die abugida-stelsel kom van sendelinge van Indië.
äuiaeəowayäሀሁሂሃሄህሆ ለሉሊላሌልሎሏ ሐሑሒሓሔሕሖሗ መሙሚማሜምሞሟፙሠሡሢሣሤሥሦሧ ረሩሪራሬርሮሯፘሰሱሲሳሴስሶሷ ቀቁቂቃቄቅቆቋ በቡቢባቤብቦቧ ተቱቲታቴትቶቷ ኀኁኂኃኄኅኆኋ ነኑኒናኔንኖኗ አኡኢኣኤእኦኧ äuiaeəowayäከኩኪካኬክኮኳ ወዉዊዋዌውዎ ዐዑዒዓዔዕዖ ዘዙዚዛዜዝዞዟ የዩዪያዬይዮ ደዱዲዳዴድዶዷ ገጉጊጋጌግጎጓ ጠጡጢጣጤጥጦጧ ጰጱጲጳጴጵጶጷ ጸጹጺጻጼጽጾጿ ፀፁፂፃፄፅፆ ፈፉፊፋፌፍፎፏፚፐፑፒፓፔፕፖፗ
Die Ge'ez-abugida is aangepas vir verskeie moderne tale van Ethiopië. Baie van hulle gebruik bykomende letters.
Ge'ez is ook ’n heilige skrif in die Rastafariër-godsdiens. Roots-reggae-musikante gebruik dit soms op albumomslae.
Unicode Ethiopies is aanvanklik tot die Unicode-standaard gevoeg vanaf weergawe 3.0. In latere weergawes is bykomende letters bygevoeg: U+1200–U+137F, U+1380–U+139F, U+2D80–U+2DDF, U+AB00–U+AB2F
Sien ook Geskiedenis van die alfabet
Verwysings
Eksterne skakels Lesse in die Ge'ez-skrif By Omniglot Antieke geskrifte
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Eritrea Kategorie:Ethiopië Kategorie:Abugidas Kategorie:Koninkryk Aksoem