duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Horing van Afrika duimnael|Kaart van die Horing van Afrika

Die Horing van Afrika (Somalies: Geeska Afrika, Oromo: Gaaffaa Afriikaa, Amharies: የአፍሪካ ቀንድ? yäafrika qänd, Arabies: القرن الأفريقي‎ al-qarn al-'afrīqī, Tigrinya: ቀርኒ ኣፍሪቃ), ook Somaliese Skiereiland genoem, is 'n skiereiland en die verste oostelike punt van die vasteland van Afrika, waar die Rooisee in die Indiese Oseaan (Golf van Aden) uitmond. Die term word ook gebruik vir die aangrensende gebied. In die gebied is die lande Ethiopië, Somalië, Eritrea en Djiboeti geleë.Robert Stock, Africa South of the Sahara, Second Edition: A Geographical Interpretation, (The Guilford Press: 2004), bl. 26Michael Hodd, East Africa Handbook, 7th Edition, (Passport Books: 2002), bl. 21Encyclopædia Britannica, inc, Jacob E. Safra, The New Encyclopaedia Britannica, (Encyclopædia Britannica: 2002), bl. 61Sandra Fullerton Joireman, Institutional Change in the Horn of Africa, (Universal-Publishers: 1997), bl. 1

Teenoor die Horing van Afrika is die Arabiese Skiereiland en aan die Horing se kus is die eiland Sokotra geleë wat aan Jemen behoort. In die ooste is die Arabiese See geleë wat 'n deel van die Indiese Oseaan vorm.

Belangrike inheemse tale in hierdie streek sluit in: Somalies, Amharies, Tigrinya, Afar, Oromo en Arabies.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Skiereilande Kategorie:Gebiede van Afrika Kategorie:Geografie van Djiboeti Kategorie:Geografie van Eritrea Kategorie:Geografie van Somalië Kategorie:Landvorme van Ethiopië