Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die skrif, sien Ge'ez-skrif.

Ge'ez (ግዕዝ, transliterasie: Gəʿəz, [ˈɡɨʕɨz], ), ook soms minder korrek Ethiopies genoem, is ’n antieke Suid-Semitiese taal met sy oorsprong in Suid-Arabië (hedendaagse Jemen). Dit is verder ontwikkel in die noordelike deel van Ethiopië en Suid-Eritrea in die Horing van Afrika.

duimnael|links|Die woord "Ge'ez" in Ge'ez-skrif duimnael|links|Tekening van die Maagd Maria met haar seun op ’n Ge'ez-manuskrip uit omstreeks 1875 Ge'ez was die amptelike taal van beide die Koninkryk Aksum en die Keiserryk van Ethiopië. Dit word vandag nog net as 'n liturgiese taal in die Ethiopiese en die Eritrese Ortodokse Kerk asook deur die Beta Israel gebruik.

Eksterne skakels

Kategorie:Semitiese tale Kategorie:Tale van Eritrea Kategorie:Tale van Ethiopië Kategorie:Tale van Israel Kategorie:Uitgestorwe tale Kategorie:Koninkryk Aksoem