Guus Hiddink (gebore op 8 November 1946 in Varsseveld) is 'n Nederlandse voormalige sokkerspeler en afrigter. Hy staan as een van die beste sokkerafrigters ter wêreld bekend. Hy het die Champions League in 1988 gewen met PSV Eindhoven en het met die Nederlandse, Suid-Koreaanse, Australiese en Russiese nasionale sokkerspanne baie sukses tydens die Wêreldkampioenskappe en Europese kampioenskappe behaal.

Speler As speler het Guus Hiddink tussen 1967 en 1983 uitgedraf vir De Graafschap, PSV Eindhoven, weer by De Graafschap, Washington Diplomats, San Jose Earthquakes, NEC Nijmegen en weer by De Graafschap. As speler kon Hiddink net by De Graafschap die kampioenskap in die Tweede divisie in seisoen 1968/69 gewen het.

Afrigter SeisoeneKlubLandLigaErelys 1987–90 PSV Eindhoven Eredivisie 3x nasionale kampioen, 3x KNVB-Beker, Champions League 1990–91 Fenerbahçe Superliga 1991–94 Valencia CF Primera División 1994–98 Nederlandse nasionale sokkerspan WK, EK 1998–99 Real Madrid Primera División Wêreldbeker vir Klubs 1999–00 Real Betis Primera División 2001–02 Suid-Koreaanse nasionale sokkerspan WK 2002–2006 PSV Eindhoven Eredivisie 3x nasionale kampioenskap, 1x KNVB-Beker 2005–06 Australiese nasionale sokkerspan WK 2006–10 Russiese nasionale sokkerspan EK 2009 Chelsea FC Premier League FA Cup 2010–11 Turkse nasionale sokkerspan 2012–2013 FC Anzhi Makhachkala Primera Liga 2014–2015 Nederlandse nasionale sokkerspan

By PSV het Guus Hiddink heelwat kampioenskappe gewen, maar ook deur met Suid-Korea die halfeindronde van die Wêreldkampioenskappe te bereik, het hom baie gewild gemaak. Die stadion in die Suid-Koreaanse dorp Gwangju, waar wedstryde ook tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gespeel is, is hierna na hom vernoem: Guus Hiddinkstadion.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Nederlandse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters