Die Ligue 1 (Frans: [liɡ œ̃]; letterlik: "Liga 1") is die hoogste sokkerafdeling in Frankryk. Die kompetisie bestaan uit 18 klubs, waar elke span twee keer in 'n seisoen teen elke ander span speel ('n weg- en 'n tuiswedstryd). Die kampioen kwalifiseer vir die Trophée des Champions ("Kampioenetrofee", die Franse Superbeker) en vir die UEFA Champions League. Die derde plek kwalifiseer ook vir die Champions League en die vierde plek sal in die UEFA Europa League speel. Ná die seisoen relegeer die laaste drie spanne na die Ligue 2. Al die 18 spanne uit beide Ligue 1 en Ligue 2 kwalifiseer vir die Coupe de France (Frans vir: "Beker van Frankryk"). Die Ligue 1-wenner en die Coupe de France-wenner sal dan om die Trophée des Champions meeding.

Klubs in 2022/23 duimnael|links|Die trofee waarom meegeding word Ajaccio Angers Auxerre Brest Clermont Lens Lille Lorient Lyon Marseille Monaco Montpellier Nantes Nice Paris Saint-Germain Reims Rennes Strasbourg Toulouse Troyes

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Sokkerkompetisies in Frankryk Kategorie:Sokkerligas Kategorie:Sport in Monaco