Die Valsoog-nooientjie (Abudefduf sparoides) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die Oos-Kaap asook Aldabra, Mauritius, Réunion en Madagaskar. In Engels staan die vis bekend as die False-eye damsel.

Identifikasie Die vis word tot 16cm lank. Dit het 'n klein lyfie en metaalblou van kleur en daar is verskeie rye klein, ligte blou kolletjie op die lyf. Daar is ook 'n prominente swart vlek op die stertvin se basis. Die vis leef in rots kusareas en vlak koraalriwwe waar daar ligte golfaksie is in water wat 0.5 tot 3m diep is. Die onvolwasse vissies word gevind in rots getypoele. Hulle is alleenlopers of kom in los groepe voor. Die vis vreet klein ongewerweldes en alge.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Abudefduf-sparoides.html

Kategorie:Beenvisse