Die Eccapas is 'n bergpas wat noordoos van Grahamstad op die R67-provinsiale pad na Fort Beaufort in die Oos-Kaap lê.
Andrew Geddes Bain was tussen 1837 en 1845 by die bou betrokke. 'n Gedenkteken ter ere van Bain is op 7 September 1964 op die kruin van die pas onthul. Ecca is blykbaar die Khoi-naam vir 'n riviertjie wat daar vloei, wat souterig of brak beteken. Op hul beurt is die bekende Ecca-lae in die geologie in 1858 na die pas vernoem.
Die Eccapas bereik 'n hoogte van 470 m bo seevlak en 'n maksimum helling van 1:13.
Bain het met spanne Khoikhoi die hele pad tusssen Grahamstad en Fort Beaufort gebou. Die pad staan bekend as Queens's Road. Dit gaan by Fort Brown (Oos-Kaap) oor die Visrivier.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap