Tristania is 'n Noorse musiekgroep wat in 1996 in Stavanger tot stand gekom het. Hulle is mees bekend vir hul eerste materiaal, waarvan die styl nie net sterk op die gotiese metal-genre gebaseer is nie, maar dit ook beïnvloed het. 'n Kenmerkende eienskap van die musiekgroep is die gebruik van twee sterk kontrasterende stemme: 'n basmanstem wat van doodsknorre gebruik maak, en 'n sopraanvrouestem. Hierdie styl van hulle word algemeen as Beauty and the Beast-stemme beskryf.
Diskografie Widow's Weeds (1998) Beyond The Veil (1999) World of Glass (2001) Ashes (2005) Illumination (2007) Rubicon (2010) Darkest White (2013)
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Noorse musiekgroepe