City of Laguna Beach 280px Ligging in Kalifornië Wapen 170px|center 75px|center Orange County 90px|center Land 20px Verenigde State  Deelstaat 20px Kalifornië County Orange County Koördinate  Stigting 1887 Geïnkorporeer op 29 Junie 1927 Oppervlakte:    - Totaal 25,2 vk km  Hoogte bo seevlak 6 m Bevolking:    - Totaal (Sensus 2010) 22 723  - Bevolkingsdigtheid 890/vk km Tydsone PST (UTC -8) Somertyd: PDT (UTC -7) Klimaat    - Tipe Subtropiese klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16,6 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 7-19 / 15-25 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 344 mm Burgemeester Bob Whalen Amptelike Webwerf Laguna Beach duimnael|links|Een van Laguna Beach se strande saans teen skemertyd. Die nedersetting is gewild by strandlopers en voëlkykers duimnael|links|Een van die strandoord se minder bekende besienswaardighede - 'n Britse rooi telefoonhokkie Laguna Beach is 'n klein strandoord en kunstenaarskolonie in die suide van die administratiewe distrik Orange County, Kalifornië, Verenigde State, halfpad tussen Los Angeles en San Diego geleë,Visit Laguna Beach. Besoek op 6 Junie 2018 en sowat 31 kilometer suidwes van Santa Ana, die distrik se setel.

Die stad het sy oorsprong in 'n Mormoonse nedersetting wat in die 1870's aan die Stille Oseaankus gestig is. Die natuurskoon van die omgewing met lang sandstrande wat oor 'n afstand van sewe myl strek, canyons en 'n heuwelreeks, wat langs die kus loop, het van Laguna Beach al in die vroeë 20ste eeu 'n gewilde toeristebestemming en 'n trekpleister vir Kaliforniese landskapskilders gemaak. Die eerste kunstenaar, wat aangetrokke gevoel het tot die Suid-Kaliforniese strandlandskap, was die waterverfskilder Norman St. Clair (1865−1912), 'n boorling van Banbury in die Engelse graafskap Oxfordshire wat hom in die Verenigde State gevestig het en hier as argitek werksaam was.CaliforniaWatercolor.com: Norman St. Clair Biography. Besoek op 6 Junie 2018 Daarnaas het die nedersetting bekendheid verwerf danksy die musiekkanaal MTV se werklikheids-program Laguna Beach: The Real Orange County wat vanaf 2004 gebeeldsend is.

Vandag lok Laguna Beach, een van die welvarendste nedersettings in die deelstaat, jaarliks drie miljoen besoekers. Sy klein winkelbuurt, wandellane en openbare vervoerstelsel met trems maak van die stad 'n unieke paradys vir voetgangers in Suid-Kalifornië. Danksy die Pageant of the Masters-kunsfees, wat jaarliks in die somer plaasvind, en die Laguna-kunsmuseum, wat hom op Kaliforniese kuns toespits, is Laguna Beach steeds 'n stad van kuns.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kunstenaarskolonies Kategorie:Nedersettings in Kalifornië