Anna Boleyn (Engels: Anne Boleyn; omstreeks 1501/1507The Life of Jane Dormer, Duchess of Feria – 19 Mei 1536) was van 1533 tot 1536 die tweede vrou van Hendrik VIII van Engeland en uit eie reg die Markiesin van Pembroke.Ives, pp.158-59, p.388 n32, p.389 n53; Warnicke, p.116 Hendrik se huwelik met Anna, en haar daaropvolgende teregstelling, maak haar ’n sleutelfiguur in die politieke en godsdienstige omwentelinge wat tot die hervorming in die Engelse kerk gelei het.

Anna, wat uit die burgerstand gebore is, was die dogter van Thomas Boleyn en sy vrou, Elizabeth, en is in Engeland, Nederland en Frankryk opgevoed. In Februarie/Maart 1526 het Hendrik VIII begin om Anna die hof te maak terwyl hy nog met sy eerste vrou, Catharina van Aragon, getroud was. Sy het egter geweier om toe te gee en sy minnares te word, soos haar suster, Maria. Dit het gou Hendrik se allesoorheersende begeerte geword om van Catharina te skei sodat hy met Anna kon trou. Toe dit duidelik word dat pous Clemens VII nie sy huwelik gaan ontbind nie, was dit die begin van die einde van die Katolieke Kerk in England.

Hendrik en Anna is eindelik op 25 Januarie 1533 getroud. Op 23 Mei 1533 het Thomas Cranmer, die biskop van Kantelberg (Canterbury), Hendrik en Catharina se huwelik nietig verklaar en vyf dae later het hy Hendrik en Anna se huwelik geldig verklaar. Kort daarna het die pous Hendrik en Cranmer geëkskommunikeer. As gevolg hiervan het die eerste breuk tussen die Kerk van Engeland en Rome plaasgevind en die Kerk van Engeland is onder beheer van die koning geplaas. Anna is op 1 Junie 1533 as koningin van Engeland gekroon. Op 7 September het sy die lewe geskenk aan die toekomstige Elizabeth I. Tot Hendrik se frustrasie het sy egter nie vir hom ’n manlike erfgenaam gegee nie. Hy het aanvanklik geglo sy sal eindelik ’n seun hê, maar ná drie moontlike miskrame, teen Maart 1536, het Hendrik Jane Seymour die hof begin gemaak.

Hendrik het in April 1536 ’n ondersoek van hoogverraad teen Anna gelas. Op 2 Mei is sy in hegtenis geneem, in die Londense Tower verhoor en op 15 Mei skuldig bevind. Sy is vier dae later onthoof. Moderne historici beskou die aanklagte teen haar, onder meer van owerspel en bloedskande, as onoortuigend. Ná die kroning van haar dogter as Elizabeth I is Anna se naam in ere herstel.

Vroeë jare

duimnael|links|150px|Anna se suster, Maria Boleyn. Anna was die dogter van Thomas Boleyn, later die 1ste Graaf van Wiltshire, en sy vrou, Elizabeth. Thomas Boleyn was ’n gerespekteerde diplomaat met ’n gawe vir tale; hy was ook ’n gunsteling van Hendrik VII, wat hom op talle diplomatieke sendings oorsee gestuur het. Anna en haar sibbe het in Hever-kasteel in Kent grootgeword. ’n Gebrek aan rekords van dié periode maak dit onmoontlik om Anna se regte geboortedatum vas te stel. Hedendaagse getuienis verskil en verskeie datums is al genoem. Sy is heel waarskynlik tussen 1501 en 1507 gebore. Net so is dit onmoontlik om te sê wanneer haar sibbe gebore is, maar dit is duidelik dat haar suster, Maria, ouer as sy was. Die meeste historici glo nou dat Maria in 1499 gebore is. Maria se kleinseun het die Ormonde-titel in 1596 opgeëis op grond daarvan dat Maria die oudste dogter was, en Elizabeth I het dit aanvaar.Ives, pp. 16-17Fraser, p.119 Maria is ook eerste getroud, en volgens gebruik moes die oudste dogter eerste trou. Hul broer, George, is omstreeks 1504 gebore.Warnicke, p. 9;Ives, p. 15

Teen die tyd dat Anna gebore is, is haar familie as een van die mees vooraanstaande families in Engeland gereken. Een van haar voorvaders was koning Edward I van Engeland. Die spelling van die naam het gewissel; dit is soms Bullen gespel, vandaar die bulhorings wat deel was van die familiewapen.Fraser, p.115 Dit is soms ook Boullan of Bolina gespel.

Anna se vroeë opvoeding was tipies vir vroue van dié tyd. Haar akademiese opvoeding was beperk tot rekenkunde, haar familiegeskiedenis, grammatika, geskiedenis, lees, spel en skryf. Sy het ook ander dinge geleer soos dans, borduurwerk, goeie manier, huishouding, musiek, naaldwerk en sing. Verder het sy speletjies leer speel soos kaart en skaak en leer boogskiet, perdry en jag.

Nederland en Frankryk Anna se pa het sy diplomatieke loopbaan onder Hendrik VIII voortgesit. In Europa het Thomas Boleyn baie mense met sy sjarme verower, onder andere Margaret van Oostenryk, die dogter van die Heilige Romeinse keiser Maximilian I. In dié tyd het sy namens haar pa oor Nederland regeer en sy was so beïndruk met Boleyn dat sy sy dogter Anna ’n plek in haar huishouding aangebied het. Daar het Anna ’n goeie indruk gemaak.Warnicke, bl. 12 Anna het by Margaret gebly tot in die lente van 1513, tot haar pa gereël het dat sy Hendrik VIII se suster, Maria Tudor, bystaan vir Maria se huwelik met Lodewyk XII van Frankryk in Oktober 1514.

In Frankryk was Anna die diensmeisie van koningin Maria en daarna van die 15-jarige koningin Claude van Frankryk, by wie sy amper sewe jaar gebly het.Starkey, pp. 261–63.Fraser, p. 121. Hier het sy haar studie in Frans voltooi en ’n belangstelling getoon in mode en godsdiensfilosofie. Sy het ook geleer van Franse kultuur en etiket.Starkey, p. 263.

Anna het mense met haar sjarme beïndruk, maar opinies oor hoe aantreklik sy was, wissel. ’n Skrywer van Venesië, Marino Sanuto, wat gesien het toe Anna Hendrik VIII in Oktober 1532 ontmoet, beskryf haar as "nie een van die mooiste vroue in die wêreld nie; sy is van middelmatige lengte, en het ’n blas gelaat, lang nek, breë mond . . . oë wat swart en pragtig is".Strong, p. 6. Simon Grynée het in September 1531 geskryf Anna is "jonk, mooi, met ’n taamlike donker gelaat". Lancelot de Carles het haar beskryf as "mooi met ’n elegante figuur". Die belangrikste,Warnicke, p. 243. maar nie mees betroubare beskrywing nie, was deur die Katolieke propagandis Nicholas Sanders in 1586, ’n halfeeu ná Anna se dood: "Anna Boleyn was taamlik lank, met swart hare en ’n ovaal, bleek gesig asof sy geelsug het. Daar word gesê dat sy ’n tand gehad het wat onder haar onderlip uitsteek, en ses vingers aan haar regterhand. Daar was ’n groot sist onder haar ken en om dit weg te steek het sy ’n hoë rok gedra wat haar keel toemaak . . . sy was mooi om na te kyk, met ’n mooi mond".Strong, 6; Ives, 39. Sanders het Anna verantwoordelik gehou vir Hendrik VIII se verwerping van die Katolieke Kerk en 50 jaar ná haar dood was hy gretig om haar as duiwels voor te stel. Sanders se beskrywing het bygedra tot wat die biograaf Eric Ives noem die "monsterlegende" van Anna Boleyn.Ives, p. 39. Hoewel die besonderhede denkbeeldig was, het dit dikwels die basis gevorm vir verwysings na Anna se voorkoms, selfs in moderne handboeke.Warnicke, p. 247.

Aan die hof van Hendrik VIII: 1522–1533 duimnael|links|upright|Hendrik VIII, deur Hans Holbein die Jongere, omstreeks 1536. Anna is teruggeroep na Engeland om met haar Ierse neef James Butler te trou in ’n poging om ’n dispuut oor die titel en boedel van die Graaf van Ormond te besleg. James se pa, sir Piers Butler, het aanspraak gemaak op die graafskap. Sir Thomas Boleyn het gevoel die titel kom hom toe en het met sy swaer daaroor gepraat. Dié het koning Hendrik genader, wat bang was die dispuut lei tot ’n burgeroorlog in Ierland. Hy wou die saak oplos deur ’n huwelik te reël tussen James en Anna Boleyn. Die plan het egter misluk.Fraser, pp. 121-124.

Maria Boleyn, Anna se getroude ouer suster, het hierna Hendrik se minnares geword. Sommige historici glo dat een of albei haar kinders deur Hendrik verwek is Dr. G.W. Bernard (The King's Reformation) en Joanna Denny (Anne Boleyn: A New Life of England's Tragic Queen) het geglo dat Hendrik die pa was van haar kinders. Hendrik het hulle egter nie as sy kinders erken nie, nes die geval was met Henry Fitzroy, sy buite-egtelike seun by Elizabeth Blount.

Anna het intussen bekend geraak as een van die stylvolste vroue aan die hof en daar was gou verskeie mans wat om haar hand meegeding het.Starkey, p. 271; Ives, 45 In dié tyd het sy in die geheim verloof geraak aan Henry Percy, seun van die Graaf van Northumberland. Die verhouding is beëindig toe Percy se pa geweier het om hul verlowing goed te keur. Anna is na haar familie se landgoed gestuur. Toe sy terugkeer, het sy die diensmeisie van Hendrik se vrou, Catharina van Aragon, geword.

In 1526 het koning Hendrik op Anna verlief geraak en haar die hof begin maak.Scarisbrick, p. 154. Sommige mense sê Anna het sy attensies verwerp en geweier om sy minnares te word, en sy het dikwels na Hever-kasteel ontvlug. Hy het haar egter binne ’n jaar gevra om met hom te trou en sy het ja gesê. Albei het geglo Hendrik se huwelik sou binne ’n paar maande ontbind word. Daar is geen bewyse dat hulle ’n seksuele verhouding gehad het tot kort voor hul troue nie. Anna was egter swanger toe hulle trou.

Nietigverklaring van Hendrik se huwelik duimnael|regs|upright|Thomas Cromwell, 1ste Graaf van Essex, was eers Anna se bondgenoot, maar later haar vyand. Portret deur Hans Holbein die Jongere, omstreeks 1532. Dit is moontlik dat die idee om sy huwelik nietig te laat verklaar (en nie te skei soos algemeen aanvaar word nie) reeds vroeër by Hendrik opgekom het en dat dit die gevolg was van sy begeerte om ’n manlike opvolger te hê. Voor Hendrik se pa, Hendrik VII, die troon bestyg het, was Engeland gewikkel in die Oorlog van die Rose weens verskeie mense wat op die troon aanspraak gemaak het; Hendrik wou ’n soortgelyke situasie ná sy dood voorkom. Hy en Catharina het geen oorlewende seuns gehad nie: al Catharina se kinders buiten Maria is klein dood.Lacey, p.70. Catharina van Aragon het na Engeland gekom om met Hendrik se broer Arthur te trou wat kort ná hul troue dood is. Spanje en Engeland wou in daardie stadium hul koninkryke verenig en in 1509 is Hendrik en Catharina getroud. Die troue kon egter nie plaasvind voor die pous uitslag gegee het oor ’n Bybelvers in Levitikus wat blykbaar ’n huwelik van ’n man met sy broer se vrou verbied nie. Die pous het eindelik bepaal dat die vers nie van toepassing is nie omdat Arthur en Catharina geen seksuele verhouding gehad het nie.

’n Paar jaar later, onder ’n nuwe pous, het Hendrik egter oor die saak begin nadink. Aangespoor deur Catharina se onvermoë om vir hom ’n manlike erfgenaam te gee, en dalk ook met Anna in gedagte, het Hendrik besluit geen pous het die reg om so ’n uitspraak oor ’n Bybelteks te gee nie. Dit het beteken hy en Catharina woon nog altyd in sonde saam, hoewel Catharina dit teengestaan het en geweier het om toe te gee dat haar en Arthur se huwelik voltrek was. Dit het ook beteken dat hul kind, Maria, buite-egtelik was en dat die nuwe pous, Clemens VII, sou moes erken dat die vorige pous ’n fout gemaak het. Hy sou dan hul huwelik nietig moes verklaar.

Anna het ’n geleentheid vir haarself gesien in Hendrik se verliefdheid en die morele verknorsing waarin hy was. Sy het gesê sy sal net aan hom toegee as sy erken word as sy koningin. Sy het haar plek begin inneem langs hom op staatsgeleenthede, maar nog nie in sy bed nie.Graves, p. 132. Daar is egter geen twyfel nie dat Anna vir Elizabeth (gebore op 7 September 1533) verwag het toe sy en Hendrik haastig en in die geheim getrou het sodat sy getroud kon wees teen die tyd dat sy in Mei 1533 as koningin gekroon is; enige kind wat gebore is voor sy koningin geword het, sou nie ’n aanspraak op die troon hê nie.

In 1528 het sweetsiekte in Londen uitgebreek. Baie mense is dood en Hendrik het voortdurend van blyplek verander. Anna het in die Boleyns se huis, Hever Castle, gaan bly, maar het die siekte opgedoen. Hendrik het sy eie dokter gestuur om haar te versorgStarkey p. 331. en kort daarna het sy herstel. Dit het Hendrik verder aangespoor om sy huwelik met Catharina nietig te laat verklaar.Brigden, p. 114. In 1527 is die koning se sekretaris na die pous gestuur om ’n nietigverklaring te eis op grond daarvan dat die vorige pous se bepaling dat hy met sy broer se vrou kon trou, onder valse voorwendsels uitgereik is.