Die Suidelike sonvis (Mola alexandrini) is 'n vis wat in die suidelike halfrond aan die kuste van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Southern sunfish. Die vis word nog groter as die Sonvis (Mola mola).

Taksonomie duimnael|regs|'n Reuse Suidelike sonvis wat by Sydney se Darling-hawe gevang is In Desember 2017, was dit bewys dat die Mola alexandrini 'n senior sinoniem van Mola ramsayi (Ranzani 1839) is deur historiese sowel as nuut gepubliseerde morfologiese gegewens.

Die sonvisse is in die genus Mola, wat tans bestaan uit drie spesies: Mola mola, Mola alexandrini, Mola tecta. Mola alexandrini is in Augustus 2013 vir die eerste keer in die Omansee naby Iran gesien (Yasemi en Narari Bejgan, 2013).

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel

Kategorie:Beenvisse