Sargassum-seewier (Sargassum heterophyllum) is 'n seewier wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suider-Afrika.
Voorkoms Die plant bestaan uit massas geelbruin blare op 'n driehoekige stam. Die onderste blare is groot en die boonstes klein. Die plant groei in diep sloepe in die laer tussengetysone.
Bron Gids tot die Kusgebiede. Jana Media. 2007.
Kategorie:Alge