Coenie Oosthuizen (gebore in Potchefstroom, 22 Maart 1989) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs op stut speel in die Curriebeker en vir die Cheetahs in die Superrugbyreeks.
Aan die einde van die 2010 Curriebekerseisoen was Oosthuizen die Vrystaat se tweede voorste driedrukker.
Alhoewel hy reeds in 2010 en 2011 saam met die Springbokspan na Europa getoer het, maak Oosthuizen sy eerste verskyning in 'n toets op 9 Junie 2012 teen Engeland in Durban. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
Verwysings
Eksterne skakels
Coenie Oosthuizen by itsrugby.co.uk
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat