duimnael|Seewiere op rotsblokke. duimnael|Eetbare seewiere. duimnael|Japannese sop van Onigiri en Wakame.
Seewiere is 'n los groepering van nie-verwante alges wat in die see lewe. Deurgaans word na meersellige, relatief groot (makroskopiese) wiere verwys wat aan die bodem geheg is. Seewiere sluit sekere spesies van groenalge (Chlorophyta), rooialge (Rhodoplantae) en bruinalge (Phaeophyta) in.
Seewiere kry hul energie deur fotosintese. Omdat seewiere soveel anders as ander plante lyk, word dit gewoonlik nie as plante gereken nie.
Seewiere aan die Suider-Afrikaanse kus Die volgende seewiere kom voor aan die Suider-Afrikaanse kus:
Band-caulerpa (Caulerpa filiformis) Kalkoenstert (Padina boryana) Koraalalg (Corallina spp) Saagrandjellieseewier (Gelidium pristoides) Sargassum-seewier (Sargassum heterophyllum) Seeslaai (Ulva spp.) Waaierkelp (Laminaria pallida) Wigseewier (Halimeda cuneata)
Gebruike Algemene gebruike vir seewiere sluit in:
Voedsel Mense wat naby die kus woon eet gewoonlik seewiere, veral in Oos-Asië waar dit algemeen in lande soos Japan, China, Korea, Taiwan, Thailand en Viëtnam opgedis word. Dit word ook in plekke soos Belize, Peru, die Kanadese provinsie Maritimes, Skandinawië, Ierland, Wallis, Filippyne en Skotland genuttig.
Medikasie Seewiere is 'n bron van jodium wat vir die behandeling van die skildklier benodig word.
Dieetpille word ook daarvan vervaardig.http://www.dailymail.co.uk/health/article-1134430/So-diet-pills-CAN-trim-tum-Our-expert-brands-test.html?ITO=1490
Ander gebruike Ander gebruike sluit in die vervaardiging van bioetanolIreland Taps New Energy Source : Discovery News : Discovery ChannelSeaweed Biofuels: Production of Biogas and Bioethanol from Brown Macroalgae en bemesting. Dit word ook vir die vervaardiging van sekere tandepastas, kosmetiese produkte en verwe gebruik.
Verwysings
Kategorie:Alge