Mikhail Borisovich Khodorkovsky (Russies: Михаи́л Бори́сович Ходорко́вский; * 22 Junie 1963 in Moskou) is ’n voormalige Russiese oligargKhodorkovsky: an oligarch undone – BBC News, 31 Mei 2005 en sakeman. Hy was in 2004 die rykste man in Rusland en een van die rykstes in die wêreld (16de op Forbes se lys van miljardêrs). Hy woon nou in Switserland as ’n uitgewekene nadat hy meer as 10 jaar in die tronk was.

Loopbaan duimnael|links|Mikhail Khodorkovsky in 2001. Hy het sy pad opgewerk in die Kommunistiese Party en in die tydperk van glasnost en perestroika verskeie besighede begin. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie het hy ’n fortuin gemaak uit die ontwikkeling van Siberiese olievelde as die hoof van Joekos, een van die grootste Russiese maatskappye wat ontstaan het uit die privatisering van staatsbates in die 1990's.

Hy is in Oktober 2003 in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Die regering onder Wladimir Poetin het Joekos bankrot verklaar en die maatskappy se bates is per veiling teen ’n laer prys as die markwaarde verkoop, met die grootste deel wat gekoop is deur die staatsmaatskappy Rosneft.How to Steal Legally The Moscow Times, 15 Februarie 2008 (uitg. 3843, bl. 8). Khodorkovsky is skuldig bevind en in Mei 2005 tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Terwyl hy nog sy tronkstraf uitgedien het, is hy in Desember 2010 aan nog aanklagte van geldverduistering en geldwassery skuldig bevind. Sy tronkstraf is verleng tot in 2017.

Daar is bespiegel dat sy skuldigbevinding polities gemotiveerd was. Dit is deur ’n groot deel van die internasionale media as weerwraak beskou vir Khodorkovsky se skenkings aan beide liberale en kommunistiese teenstanders van die Kremlin.

Einde 2013 het Poetin Khodorkovsky begenadig en is hy vrygelaat. Hy het Rusland onmiddellik verlaat en woon sedertdien in Switserland, waar hy verblyfreg gekry het. Ná sy vrylating is sy persoonlike rykdom op rofweg $100 miljoen tot $250 miljoen (R1,175 miljard tot R2,9 miljard) geraam.Сколько денег у Ходорковского: попытка оценки Читайте подробнее на deur Леонид Бершидский,23.12.2013, Forbes Russia Einde 2014 was hy glo sowat $500 miljoen (R5,875 miljard) werd, hoewel hy daarop aandring dit is slegs $100 miljoen. deur Julia Ioffe.

Verwysings

Eksterne skakels Khodorkovsky & Lebedev Communications Center Khodorkovsky se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russiese politici Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense