duimnael|Sapsan-treinstelle in die Moskouse Leningrad-treinstasie duimnael|'n Sapsan EVS2-02 (Siemens Velaro RUS))-hoëspoedtrein duimnael|'n Sapsan-trein in die Moskofski-treinstasie, Sint Petersburg, Rusland duimnael|'n Sapsan-trein ry verby Koeskowo-stasie duimnael|Die bestuurderskajuit

Sapsan is die Russiese benaming vir hoëspoed-treinstelle van die Russiese Spoorweë (RŽD). Tans is die konstruksiereekse ЭВС1 (EWS1) en ЭВС2 (EWS2) in bedryf wat deur die Duitse vervaardiger Siemens Mobility as Velaro RUS-reeks ontwikkel en vir die behoeftes van die Russiese Spoorweë aangepas is (onder meer die klimatiese besonderhede van Rusland met kouer winters en sterk sneeuvalle waarvoor besondere lugreëling- en verkoelingstelsels asook sterker isolering benodig word).rzd.ru High-speed train "sapsan". Besoek op 10 Februarie 2020 Die treinstelle is die derde generasie hoëspoedtreine wat op basis van die Velaro-platform ontwikkel is en word as Sapsan (Russies: сапсан, "swerfvalk") bemark. Die treinstelle is in Siemens-aanlegte in Erlangen en Krefeld-Uerdingen vervaardig.hochgeschwindigkeitszuege.com: Sapsan (Velaro RUS) Hochgeschwindigkeitszug in Russland. Besoek op 10 Februarie 2020

Kenmerkend vir die Sapsan-treinstelle en -waens is die breë bakke wat oorspronklik vir die Velaro CN (CRH3)-reeks ontwerp en vir die Russiese spoorwydte (1520 mm teenoor 1435 mm in Duitsland) en klimaattoestande aangepas is. Die eerste reeks ЭВС2 is tweestelseltreine vir gelykstroom (3 kV) en wisselstroom (25 kV, 50 Hz), die tweede reeks ЭВС1 is eenstelseltreine wat uitsluitlik vir gelykstroom (3 kV) ontwerp is. Sedert Desember 2009 is agt treinstelle met 'n lengte van 250 meter, wat elkeen sitplekke vir iets meer as 500 passasiers bied, op die treinroete tussen Moskou en Sint Petersburg in bedryf gestel. 'n Bykomende agt eenstelseltreine met tien eenhede elk het in 2014 in bedryf gekom. Die reistyd op die roete tussen Moskou en Sint Petersburg (650 km) beloop 3 uur 45 minute.

Roete senter|600px|duimnael|<center> Sapsan roete

Verwysings

Eksterne skakels

siemens.com: Velaro RUS Aanlyn-video van russland.tv Sapsan: Die snelste trein in Rusland. Grafiek van RIA Novosti

Kategorie:Spoorvervoer in Rusland