Hierdie artikel handel oor die wenners van die uitgebreide Superrugby-kompetisie. Vir inligting oor wenners voor die uitgebreide kompetisie, gaan na Lys van Super 12-kampioene of Lys van Super 14-kampioene regs|Superrugby

Superrugbykampioene is die titel van die wenner van die Superrugbykompetisie. Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12 maar na die eerste uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te weerspieël. Na die tweede uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Rebels is die kompetisie ook hernoem na Superrugby. Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Superrugbykompetisie gewen het.

Dit begin met drie groepe (genoem konferensies) van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse konferensie). Seisoenwedstryde bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.: Intragroepwedstryde – Elke span speel twee keer teen elk van die ander spanne in die konferensie in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe) Intergroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee konferensies waarvan vier wedstryde tuis en vier wedstryde weg is. Daar word dus teen een span van elke ander konferensie nié gespeel nie.

Die boonste span in elke konferensie, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in hul konferensie, speel in die uitspeelwedstryde. Die boonste twee konferensiewenners (op die basis van die algehele punteleër) kry die eerste rondte van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie. In die eerste rondte van die uitspeelwedstryde is die derde konferensiewenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër sal dan in ’n tuiswedstryd uitspeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes sal die tweede konferensiewenner uitspeel teen die span wat in die eerste uitspeelrondte gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste konferensiewenner speel dan teen die ander uitspeelrondtewenner. Die eindrondte is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.

Uitslae Hoe punte aangeteken word wen = 4 punte gelyk = 2 punte verloor = 0 punte vir = Totale punte aangeteken teen = Totale punte afgestaan verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken Bonuspunt: Spanne kan addisionele bonuspunte verdien onder sekere omstandighede. Een bonuspunt word toegeken vir enige span wat vier of meer drieë in een wedstryd gedruk het ongeag die uitslag van die wedstryd. ’n Bonuspunt word toegeken indien ’n span met sewe of minder punte verloor. Dit is moontlik om twee bonuspunte in ’n wedstryd te verdien al het ’n span verloor. Bonuspunte word ook verkry wanneer ’n span ’n loslootjie gehad het.

Toernooie (2011–) Spanne wat hier gelys word is die spanne wat gekwalifiseer het vir die halfeindrondes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s’n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het. JaarTydperkTabel-posisieSpanWedstrydePunteBonus-punteTabel-punteHalfeind-tellingEind-tellinggespeelgewengelykverloorvirteenverskil201118 Februarie –9 Julie1Reds161303429309+12066630–1318–132Stormers161204400257+14376310–29NVT3Crusaders161114436273+16376129–1013–184Blues161015405335+70106013–30NVT201224 Februarie –4 Augustus1Stormers161402350254+9626619–26NVT2Chiefs161204444358+8686420–1737–63Reds161105359347+12658NVTNVT4Crusaders161105485343+14296117–20NVT201315 Februarie –3 Augustus1Chiefs 16 12 0 4 458 364 +94 8 66 20–19 27–222Bulls 16 12 0 4 448 330 +118 5 63 26–23 NVT3Brumbies 16 10 2 4 430 295 +135 6 60 23–26 22–274Crusaders 16 11 0 5 446 307 +139 5 60 19–20 NVT201416 Februarie –2 Augustus1Waratahs 16 12 0 4 481 272 +209 10 58 26–8 33–322Crusaders 16 11 0 5 445 322 +123 7 51 38–6 32–333Sharks 16 11 0 5 406 203 +113 6 50 6–38 NVT4Brumbies 16 10 0 6 412 378 +34 5 45 8–26 NVT201513 Februarie –4 Julie1Hurricanes 16 14 0 2 458 288 +170 10 66 29–9 14–212Waratahs 16 11 0 5 409 313 +96 8 52 17–35 NVT3Stormers 16 10 1 5 373 323 +50 3 45 NVT NVT4Highlanders 16 11 0 5 450 333 +117 9 53 35–17 21–14201626 Februarie –6 Augustus1Hurricanes 15 11 0 4 458 314 +144 9 53 41–0 25–9 20–32Lions 15 11 0 4 535 349 +186 8 52 42–25 42–30 3–203Highlanders 15 11 0 4 422 273 +149 8 52 15–9 30–42 NVT4Chiefs 15 11 0 4 491 341 +150 7 51 60–21 9–25

Totale seges Superrugby SpanKampioenskap(pe)Chiefs2Reds1Waratahs1Highlanders1Hurricanes1

Super 12- en Super 14-kampioenskappe SpanKampioenskap(pe)Crusaders7Blues3Bulls3Brumbies2Chiefs1Reds1

Sien ook Lys van Super 12-kampioene Lys van Super 14-kampioene Superrugby

Verwysings

Kategorie:Superrugby