Die Drieband-kardinaal (Apogon semiornatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Threeband cardinal.

Voorkoms Die vis is rooi van kleur met drie donker breë strepe op die lyf; die middel streep strek van die oog tot by die stertvin, die onderste streep strek van die oog tot by die basis van die analevin en die boonste streep van die kop tot tussen die dorsale en stertvinne. Die vis word tot 7 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water wat 3 – 50 cm diep is.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Apogon-semiornatus.html

Kategorie:Baarsagtiges