Die Stekelkop-kardinaal (Apogon kallopterus) is 'n vis wat voorkom Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Spinyhead cardina.
Voorkoms Die vis is bruinerig met 'n donker streep vanaf die punt van die snoet, deur die oog tot by die stertvinbasis - net bokant die sylyn. Daar is 'n swart kol op die stertvin basis wat raak aan die sylyn. Die vis word tot 15 cm groot.
Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water wat 3 - 50 diep is. Hulle is daglewend en vreet soöplankton. Die naam kallopterus beteken mooi vin.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Pristiapogon-kallopterus.html
Kategorie:Baarsagtiges