Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Guaraní (volk).
Guaraní (avañe'ẽ, [aʋãɲẽˈʔẽ], letterlik: "die mense se taal") is naas Quechua die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 4,9 miljoen mense in Argentinië, Bolivië, Brasilië en Paraguay gepraat word. Dit word veral deur die Guaraní gepraat en vorm saam met Aymara, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Spaans die amptelike tale van Paraguay.
duimnael|links|Verspreiding van Guaraní Guaraní word oorwegend in die noordweste en noordooste van Argentinië, in die suidooste van Bolivië, in die suide van Brasilië en in Paraguay gepraat. Dit vorm saam met ander taalgroepe soos Guarayu, Tupí, Tenetehara, Kawahib en Xingu die taalfamilie Tupí-Guaraní, waarvan Tupí en Tupinambá verdere bekende, maar uitgestorwe, tale is. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Guaraní of die nouverwante Tupi sluit kapibara, jaguar, jaguarundi, tapir, Maracas, nandoe en piranha in.
Sien ook Inheemse tale van die Amerikas
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van Argentinië Kategorie:Tale van Bolivië Kategorie:Tale van Brasilië Kategorie:Tale van Paraguay