duimnael|links|160px|Jabloko se stalletjie op die Moskouse Boekfees in 2011. Die Russiese Verenigde Demokratiese Party "Jabloko" (Russies: Российская объединённая демократическая партия «Яблоко», Rossiiskaja Obedinjonnaja demokratitsjeskaja partija "Jabloko") is ’n sosiaal-liberale politieke party in Rusland. Die Russiese naam "Яблоко" beteken "Appel" en kom van die eerste letters van die vanne van die drie stigters, Grigori Jawlinski, Joeri Boldiref en Wladimir Loekin. Die huidige leier is Sergei Mitrochin.
Die party staan vryheid en burgerregte in Rusland voor, asook integrasie met die Weste, beter betrekkinge met die VSA en lidmaatskap van die Europese Unie.
Jawlinski se aansoek om ’n kandidaat te wees in die presidentsverkiesing van 2012 is afgekeur weens die groot aantal ongeldige handtekeninge wat hy ingedien het om sy kandidaatskap te steunKennedy, Val Brickates, "Russian opposition leader to be left off ballot", MarketWatch, 24 Januarie 2012. URL besoek op 2012-24-01. (25,66%).
Jabloko is die enigste amptelik geregistreerde party wat die Russiese oorlog in Oekraïne openlik teenstaan en openlik "vir vrede en vryheid" oproep. Die party het beplan om aan die Russiese wetgewende verkiesing van 2026 deel te neem onder hul anti-oorlog slagspreuk. In Augustus 2026 is die party egter deur die Russiese hooggeregshof verbied om te deelneem weens 'n regsgeding deur Rodina. Die regsgeding het beweer dat Jabloko befondsing van buitelandse lande ontvang het en die "internasionale LGBT-beweging" ondersteun het. Jabloko-amptenare verklaar dat hulle van voorneme is om teen die uitspraak te appelleer.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Politieke partye in Rusland