Die Doktervisse, tange en eenhoringvisse (Acanthuridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is drie subfamilies in die familie maar slegs die volgende twee kom in Suider-Afrikaanse water voor: Acanthurinae en Nasinae.

Familiekenmerke Die familie is eerder rondvormig as plat met 'n enkele, lang dorsale vin en die anale vin is ook lank. Die pensgedeelte is wit.

Subfamilie: Acanthurinae Daar is vier genera met een en vyftig spesies wat hoort tot dié subfamilie en negentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die subfamilie staan ook bekend as die doktervisse en hul lywe is rondvormig. Daar is 'n skerp stekel in die stertvin. Die subfamilie word tussen 18 – 63 cm groot. Die subfamilie verkies om in vlak water te leef in tropiese en subtropiese seë maar 'n paar kan voorkom tot op dieptes van 100 m. Hulle vreet oor die algemeen alge, detritus en soöplankton.

Die detritus-eters (Ctenochatus) neem baie sand saam met hulle kos in en het harde mae met dik lae om die kos te verteer en net soos die meeste herbivore, lang spysverteringskanale. Die doktervisse skiet kuit saam in groepe en die eiers en larwes is pelagies.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Acanthurus Acanthurus dussumieri – Potlooddoktervis Acanthurus leucocheilus – Witlipdoktervis Acanthurus leucosternon – Bloudoktervis Acanthurus lineatus – Blouband-doktervis Acanthurus mata – Langdoktervis Acanthurus nigrofuscus – Bruindoktervis Acanthurus tennentii – Luitenant-doktervis Acanthurus thompsoni – Sjokolade-doktervis Acanthurus triostegus – Bandietdoktervis Acanthurus xanthopterus – Geelvin-doktervis

Ctenochaetus Ctenochaetus binotatus – Tweekol-borseltand Ctenochaetus striatus – Gestreepte borseltand Ctenochaetus truncatus - Gespikkelde borseltand

Paracanthurus Paracanthurus hepatus – Palet-doktervis

Zebrasoma Zebrasoma desjardinii – Seilvintang Zebrasoma gemmatum – Gespikkeldetang Zebrasoma scopas – Tweekleurtang

Subfamilie: Nasinae

Kenmerke Die enkele grootste kenmerk van die subfamilie is die groot beenagtige horing wat ontwikkel tussen die oë van party spesies. Die doel van die horing is onbekend. Die subfamlie word tot 35 – 100 cm lank, lengte van die horing uitgesluit.

Genus Daar is slegs een genus met agttien spesies wat hoort tot dié sub-familie en twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Naso Naso brachycentron – Boggel-eenhoringvis Naso brevirostris – Gespikkelde eenhoringvis Naso elegans – Oranje stekel-eenhoringvis Naso hexacanthus – Geenhoringvis Naso unicornis – Bloustekel-eenhoringvis

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse