duimnael|Shaheed Minar, of die Martelaarsmonument, geleë te Dhaka Universiteitskampus, Bangladesj, gedenk die opoffering vir die Bengaalse taal op 21 Februarie 1952 duimnael|Wêreldmoedertaaldag 2015 in Islamabad, met betogers wat eis dat Pandjabi (die moedertaal van die meeste Pakistani's) 'n amptelike taal van Pakistan moet word duimnael|Ekushey Book Fair in Alberta, Kanada duimnael|Internasionale Moedertaaldagmonument, Ashfield Park, Sydney, Australië. Onthullingseremonie, 19 Februarie 2006 duimnael|Herdenking van Wêreldmoedertaaldag in Kanada duimnael|Wêreldmoedertaaldag 2017 in Bangalore, Indië

Wêreldmoedertaaldag is ’n dag wat wêreldwyd jaarliks op 21 Februarie gevier word om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid en veeltaligheid te bevorder. Dit is op 17 November 1999 deur Unesco aangekondig. Hierdie viering is ook amptelik erken deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in sy besluit om 2008 as die Internasionale Jaar van Tale te vestig. VN Algemene Vergadering, 61ste sessie, item 114 op die agenda, Besluit aanvaar deur die Algemene Vergadering, 61/266. Veeltaligheid (A/RES/61/266)

Wêreldmoedertaaldag het ontstaan as internasionale erkenning van Taalbewegingsdag, wat sedert 1952 in Bangladesj (voorheen bekend as Oos-Pakistan) herdenk is toe ’n aantal studente, insluitend studente van die Universiteit van Dhaka doodgemaak is deur Pakistanse polisie in Dhaka gedurende die proteste van die Bengaalse Taalbeweging.

Geskiedenis Op 21 Maart 1948 het Muhammad Ali Jinnah, destydse goewerneur-generaal van Pakistan, verklaar dat Oerdoe die enigste amptelike taal vir Wes- en Oos-Pakistan sou wees. Die mense van Oos-Pakistan (nou Bangladesj), met Bengaals as moedertaal het hierteen begin protesteer. Op 21 Februarie 1952 (8 Falgun 1358 in die Bengaalse kalender) het studente in Dhaka aangedring op ’n provinsiale staking. Die regering het ’n beperkte klokreëling ingestel om ’n staking te voorkom en die proteste is bedwing sodat die klokreëling nie oortree sou word nie. Die Pakistanse polisie het op die studente gevuur ten spyte van die relatief rustige protes en ’n aantal studente is dood.

Jaarlikse temas Die viering van Wêreldmoedertaaldag het normaalweg ’n tema wat òf aangedui is in die formele program wat feesvieringe bepaal by Unesco se hoofkantoor, of meer eksplisiet in die media. UNESCO, "21 Februarie – Internasionale Moedertaaldag" 2000: Inhuldigingsviering van Internasionale Moedertaaldag 2001: Tweede jaarlikse viering 2002: Taaldiversiteit: 3 000 tale in gevaar (slagspreuk: In die melkweg van tale is elke woord ’n ster) 2003: Vierde jaarlikse viering 2004: Kinders leer (dié viering by UNESCO het ’n "unieke uitstalling van kinders se oefenboeke van regoor die wêreld bevat wat die proses waarvolgens kinders leer om geskrewe geletterdheid in die klaskamer te bemeester" ingesluit. 2005: Braille en gebaretale 2006: Tale en die kuberruim 2007: Veeltalige onderwys 2008: Internasionale jaar van tale 2009: Tiende jaarlikse viering 2010: Internasionale jaar vir die toenadering van kulture 2011: Inligting- en kommunikasietegnologies 2012: Moedertaalonderrig en inklusiewe onderwys 2013: Boeke vir moedertaalonderrig 2014: Plaaslike tale vir globale burgerskap: kollig op wetenskap 2015: Insluiting in en deur onderwys: taal tellings (met 'n gebeurtenis in Parys)) 2016: Gehalte onderwys, onderrigstale en leeruitkomste 2017: Volhoubare toekoms deur middel van veeltalige onderwys 2018: Ons tale, ons bates 2019: Internasionale jaar van inheemse tale 2020: Beveiliging van taalverskeidenheid 2021: Bevordering van veeltaligheid vir inslutiing in onderrig en die samelewing 2022: Die gebruik van tegnologie vir veeltalige leer: uitdagings en geleenthede 2023: Veeltalige onderrig - 'n noodsaaklikheid om onderwys te transformeer 2024: Veeltalige onderrig is 'n pilaar van intergenerasieleer 2025: Silwer Jubileumviering van Internasionale Moedertaaldag 2026: Jeugstemme oor veeltalige onderwys

Internasionale vieringe Die Linguapax-prys word jaarliks op Wêreldmoedertaaldag toegeken. Unesco bepaal die tema vir elke Wêreldmoedertaaldag en hou verwante gebeure by hul hoofkwartier in Parys op of naby aan 21 Februarie elke jaar. In 2008 is die Internasionale Jaar van Tale amptelik op Wêreldmoedertaaldag geloods.

Sien ook Afrikaanse Taalbeweging Amerikaanse Taalbeweging Brasiliaanse Taalbeweging Internasionale Vertaaldag Nederlandse Taalbeweging Noorse Taalbeweging Quebecse Taalbeweging Vlaamse Taalbeweging

Verwysings

Eksterne skakels

Geskiedenis van Internasionale Moedertaaldag Unesco-tuisblad vir Internasionale Moedertaaldag Video deur Machizo Multimedia op 21 Februarie: Spot 2008 VN Inligtingshulpbronne Amptelike verwante blad van Bangladesj Unesco-opvoeding (Sluit skakels na inligting oor vorige Moedertaaldagvieringe in) Spesiale Aanvulling oor Internasionale Moedertaaldag deur die ambassade van Bangladesj in Nederland Internasionale Moedertaaldag Fotokompetisie 2012 Die Geskiedskrywers: Internasionale Moedertaaldag

Kategorie:Feesdae Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Taal Kategorie:Unesco