Die oranjestreep-keiser (Lethrinus obsoletus) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Sodwanabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Orange-striped emperor.
Voorkoms Die vis se skubbe het donker rante om en daar is 'n oranje streep vanaf die pektorale vin se basis tot tussen die anale- en stertvinne se basisse. Party visse het ook twee dowwe strepe bo en onder die hooforanje streep. Die vis het 'n sylyn. Die vis word tot 60 lank.
Habitat Die vis leef in vlakkerige areas en koraalriwwe in water wat tot 30 m diep is. Alhoewel die oranjestreep-keiser een van die volopste keiservisse is, is daar weinig bekend omtrent sy voortplanting. Hulle is alleenswemmers of kom in klein groepe voor. Die visse vreet slakke, skaaldiere en stekelhuidiges.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Lethrinus obsoletus by FishBase
Kategorie:Beenvisse