Die Geelvin-keiser (Lethrinus crocineus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, Sri Lanka, Seychelle-eilande, Comore-eilande, Madagaskar, Mauritius, Rodrigues en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by St. Lucia. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin emperor.
Voorkoms Die vis se lyf is gelerig en die meeste skubbe het 'n swart kol op terwyl die kop bruin is. Al die vinne is ook gelerig. Die dorsale vin kan 'n rooierige rant hê en die mond is rooi binne. Party visse kan dowwe swart strepe op hê. Die vis word tot 60 cm groot en 9 kg swaar.
Habitat Die vis leef in riwwe en aangrensende sanderige areas in water wat tot 150 m diep is.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel Lethrinus crocineus by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse