Die Gerimpelde kaalneus (Gymnocranius grandoculis) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Indiese Oseaan eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Bluelined barenose.
Voorkoms Die onvolwasse visse het 'n donker lyn onder die oog en 5 - 6 onreëlmatige strepe op die lyf. Die volwasse visse het golfvormige lyne op die snoet en wange. Die vis word tot 80 cm groot.
Habitat Die volwasse visse leef in sanderige en slikagtige bodems in water wat 50 – 100 m diep is. Die onvolwasse visse leef in vlak water oor seegrasbeddings en sanderige en slikagtige bodems. Die vis vreet hoofsaaklik bodem skaaldiere en kleiner vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel Gymnocranius grandoculis by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse