120px|duimnael|Wladimir Poetin Verenigde Rusland 120px|duimnael|Gennadi Zioeganof Kommunistiese Party 120px|duimnael|Sergei Mironof Regverdige Rusland 120px|duimnael|Wladimir Zjirinofski Liberaal-Demokrate 120px|duimnael|Michail Prochorof Onafhanklik

Die Russiese presidentsverkiesing van 2012 het op 4 Maart 2012 plaasgevind, met Wladimir Poetin van Verenigde Rusland wat met 63,6 persent van die stemme gewen het en daarmee verkies is vir die nuwe, verlengde termyn van ses jaar. Hy was van 2000 tot 2008 reeds president van Rusland en daarna eerste minister onder pres. Dmitri Medwedef. Hy is op 7 Mei 2012 ingehuldig vir sy derde termyn.

Gennadi Zioeganof van die Kommunistiese Party was tweede met 17,2 persent van die stemme en die onafhanklike kandidaat Michail Prochorof derde met 7,9 persent.

Op 30 Junie 2011 het Poetin, die eerste minister, op ’n streekkonferensie van sy Verenigde Rusland-party gesê die 2012-verkiesing gaan "vuil" wees. Op die kongres van Verenigde Rusland op 24 September 2011 in Moskou het president Dmitri Medwedef voorgestel dat Poetin, sy voormalige mentor, in die verkiesing staan, en Poetin het die aanbod aanvaar. Poetin het dadelik voorgestel dat Medwedef Verenigde Rusland se kandidaat vir die amp van eerste minister moet wees.

Alle onafhanklike kandidate moes teen 15 Desember 2011 geregistreer het en kandidate wat deur politieke partye benoem is, teen 18 Januarie 2012. Die finale lys is op 29 Januarie aangekondig.

Kandidate Die volgende kandidate is suksesvol geregistreer vir die verkiesing: Wladimir Poetin, benoem deur Verenigde Rusland Gennadi Zioeganof, benoem deur die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie Sergei Mironof, benoem deur Regverdige Rusland Wladimir Zjirinofski, benoem deur die Liberaal-Demokratiese Party van Rusland Michail Prochorof, onafhanklik.Russia billionaire Mikhail Prokhorov to challenge Putin. BBC News (12 Desember 2011)

Altesaam 11 kandidate, onder andere Grigori Jawlinski van die Jabloko-party, se registrasie is afgekeur, hoofsaaklik omdat hulle nie die nodige aantal handtekeninge ingelewer het nie of omdat te veel van die handtekeninge ongeldig sou wees.

Meningspeilings

Kandidaat 24 Desember 2011 24-25 Desember 2011 7 Januarie 2012 14 Januarie 2012 14-15 Januarie 2012 21-22 Januarie 2012 21 Januarie 2012 28 Januarie 2012Wladimir Poetin45%44%48%52%45%26%49%52%Michail Prochorof4%4%3%2%3%21%4%4%Gennadi Zioeganof10%12%10%11%11%12%11%8%Wladimir Zjirinofski8%11%9%9%10%8%9%8%Sergei Mironof5%4%5%4%3%4%6%4%Grigori Jawlinski2%2%2%1%1%6%Dmitri Mezentsef — —0%0% —0%Ander —2% —0%1% -Gaan nie stem nie10%9%9%10%10%11%9%11%Beplan ’n bedorwe stem —1% — —1% —Onseker12%12%10%9%13%12%9%10%Getal mense ondervra1 6003 0001 6001 6003 0001 6001 6001 600BronVTsIOMПо данным ВЦИОМ .Openbare MeningsfondsПо данным Фонда «Общественное мнение».VTsIOMVTsIOMOpenbare MeningsfondsПо данным Фонда «Общественное мнение».SuperjobVTsIOM .VTsIOM

Volgens ’n VTsIOM-meningspeiling wat op 14 Januarie 2012 gepubliseer is, het Poetin voorgeloop met ’n voorgenome stempersentasie van 48%.

Volgens VTsIOM op 10-11 Desember 2011 sou Poetin 42% van die stemme kry. Dit sou nie genoeg wees om hom ’n klinkklare oorwinning in die eerste ronde te besorg nie. Zioeganof was in die tweede plek met 11%, Zjirinofski het 9% gehad; Mironof 5%; en Jawlinski en Prochorof 1% elk.

Volgens ’n meningspeiling van die Lewada-sentrum van September 2011 sou 41% van Russiese kiesers verkies dat Poetin president word teenoor 22% wat vir Medwedef was, terwyl 10% iemand anders wou hê en 28% onseker was.

Verwysings

Eksterne skakels "Who's in the Russian presidential election race", CBC News, 25 Januarie 2012. 20px|links Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Politiek van Rusland