Regverdige Rusland (Russies: Справедливая Россия, Sprawedliwaja Rossija) is ’n sosiaal-demokratiese politieke party in Rusland, met tans 64 van die 450 setels in die Doema. Dit is op 28 Oktober 2006 gestig toe die partye Rodina, die Russiese Party van die Lewe en die Russiese Pensioentrekkersparty saamgesmelt het.http://www.tass.ru/eng/level2.html?NewsID=10932904&PageNum=0 Later het nog ses klein partye aangesluit. Regverdige Rusland staan vir die beginsels van regverdigheid, vryheid en solidariteit.A Fair and Just Russia. The Political Platform of Russia's Social Democrats Part 2: The Individual & Government The School of Russian and Asian Studies Dit is ten gunste van ’n "nuwe sosialisme van die 21ste eeu" wat die regte en vryhede van die individu waarborg en die werking van ’n welsynstaat daarstel. Nikolai Lewitsjen het in 2011 die voorsitter geword in die plek van Sergei Mironof, wat in 2006–2011 die leier was. Mironof is die party se kandidaat in die presidentsverkiesing van 2012.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Verdere leesstof

20px|linksHierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Politieke partye in Rusland