Michail Dmitrijewitsj Prochorof (Russies: Михаи́л Дми́триевич Прóхоров; gebore 3 Mei 1965) is ’n Russiese miljardêr-oligargRussian oligarch Prokhorov aims to go into politics – BBC News, 16 Mei 2011] en die eienaar van die Amerikaanse basketbalspan New Jersey Nets. Hy was een van die kandidate in die Russiese presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 en het derde geëindig met 7,9 persent van die stemme.

Loopbaan Nadat Prochorof aan die Moskouse Finansiële Instituut gegradueer het, het hy naam in die finansiële sektor gemaak en een van die land se voorste nyweraars in edelmetale geword. Toe hy die hoof van Norilsk Nikkel was, het die maatskappy die grootste vervaardiger van nikkel en palladium geword. Hy was ook voorsitter van Poljoes Goud, Rusland se grootste goudvervaardiger, en president van die Onexim-groep. Hy het uit albei posisies bedank toe hy in Junie 2011 tot die politiek toegetree het.

Hy is die derde rykste man in Rusland en die 32ste rykste man in die wêreld volgens Forbes se 2011-lys, met ’n fortuin wat op $18 miljard (R140 miljard) geskat word.

Verkiesing Sy kritici beweer sy Regte Saak-party is ’n projek deur die Kremlin om ’n liberale alternatief te skep vir kiesers wat ontevrede is met die regerende Verenigde Rusland-party en hulle te lok om te stem vir ’n party wat die regering goedgesind is. In Desember 2011 het Prochorof aangekondig dat hy as ’n onafhanklike kandidaat sal staan.

Verwysings

Eksterne skakels "Mikhail Prokhorov: The Russian Is Coming" , 60 Minutes, CBS-TV, 28 Maart 2010 20px|linksHierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russiese politici Kategorie:Entrepreneurs Kategorie:Basketbal Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense