Die keisers, kaalneuse en grootoogbrasse (Lethrinidae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is ongeveer vyf genera met meer as veertig spesies wat hoort tot dié familie en sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se dorsale vinne is aaneenlopend en die stertvinne gevurk. Die hele familie het skubbe. Die familie word tussen 20 – 80 cm groot.
Habitat Die familie leef naby of by koraalriwwe en hulle is naglewend. 'n Paar spesies se onvolwasse visse leef in riviermondings. Hulle is almal afwisselende hermafrodiete. Die familie is gewilde eetvisse.
Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Gymnocranius Gymnocranius grandoculis - Gerimpelde kaalneus
Lethrinus Lethrinus crocineus - Geelvin-keiser Lethrinus harak - Swartkol-keiser Lethrinus mahsena - Hemel-keiser Lethrinus microdon - Kleintandkeiser Lethrinus nebulosus - Bloukeiser Lethrinus obsoletus - Oranjestreep-keiser Lethrinus rubrioperculatus - Kolwang-keiser Lethrinus variegatus - Bontkeiser
Monotaxis Monotaxis grandoculis - Grootoog-kaalneus
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse