OS X Mountain Lion (weergawe 10.8) is op 16 Februarie 2012 bekendgestel as die negende groot vrystelling in die Mac OS X reeks van Apple. Dit is geskeduleer om in die laat Suid-Afrikaanse winter van 2012 vrygestel the word. OS X Mountain Lion sal selfs meer van die iOS se eienskappe oorneem, met sommige eienskappe wat reeds in Lion vir die Mac bekendgestel is. Baie toepassings is hernoem of aangepas om ooreen te stem met hul iOS-eweknieë. Die toepassing iCal is byvoorbeeld hernoem na Calendar.

Stelselvereistes As Ontwikkelaarsvoorskou 1, ondersteun Mountain Lion dieselfde hardeware as Lion: x86-64 SVE (Macs met ’n Intel Core 2 Duo, Intel Core i3, Intel Core i5, Intel Core i7 of Xeon-verwerker) Ten minste 2GG RAM Mac OS X v10.6.8 Ten minste 8GG oop spasie op die hardeskyf AirDrop word ondersteun op die volgende Macmodelle: MacBook Pro (laat-2008 of nuwer) MacBook Air (laat-2010 of nuwer) MacBook (laat-2008 of nuwer) iMac (vroeg-2009 of nuwer) Mac mini (middel-2010 of nuwer) Mac Pro (vroeg-2009 met Airport Extreme-kaart en middel-2010 of nuwer)

Nuwe of veranderde eienskappe Dieper integrasie van iCloud wat nuwe Open- en Stoor-dialoog in iWork-toepassings insluit Outomatiese sinkronisering van dokumente in iWork met iCloud Messages - ’n multi-protokol kitsboodskaptoepassing (wat iChat vervang) met ondersteuning vir die iMessage-diens Reminders - ’n taaklystoepassing, ook op iOS, afsonderlik van iCal Notes - voorheen in iOS en afsonderlik van Mail Share Sheets - ’n "deel"-knoppie en dialoogkassie in Safari en ander toepassings Game Centre - geleen van iOS AirPlay Mirroring - Afstandsuitsending van OS X werkskerm na Apple TV vir AirPlay Gatekeeper - ’n anti-skaadprogrammatuureienskap gebaseer op digitale handtekeninge en die Mac App Store Integrasie van Twitter Notification Centre - ’n werkskermweerawe soortgelijk aan die een in iOS 5.0 en hoër. Die toepassingopspringers (pop-ups) is gekonsentreer in die hoek van die skerm en die middel self word van die bokant van die skerm afgetrek, net soos in iOS

Hernoemde toepassings iCal is hernoem na "Calendar" Address Book is hernoem na "Contacts"

Verwysings

Kategorie:Apple Kategorie:Bedryfstelsels