Die Wit-Russiese of Belo-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Wit-Russies: Беларуская Савецкая Сацыялістычная Рэспубліка; Russies: Белорусская Советская Социалистическая Республика), kortweg ook bekend as Wit-Rusland of Belo-Rusland, was een van die republieke van die Sowjetunie.

Dit was een van die stigterlede van die Sowjetunie in 1922, saam met die Oekraïense, Transkaukasiese en Russiese Sowjetrepublieke.

In 1991 het Wit-Rusland onafhanklik geword en die naam is later verander na die Republiek van Belarus.

Sien ook Sowjetunie

Verwysings Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel :en:Byelorussian Soviet Socialist Republic

Eksterne skakels Byelorussia : speeding towards abundance deur Tikhon Kiselev

Kategorie:Geskiedenis van Belarus Kategorie:Republieke van die Sowjetunie